OB moet ‘ANC-manipuleerders’ ondersoek – Steenhuisen

President, Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

John Steenhuisen, leier van die DA, wil pres. Cyril Ramaphosa by die Openbare Beskermer (OB) verkla oor sy verkiesingsbeloftes van duisende werkgeleenthede.

Volgens Steenhuisen is dit net een van vele pogings van die ANC om burgers te manipuleer. Hy sê die DA gaan dit nie duld nie. Steenhuisen het Dinsdag in Kaapstad ondersteuners toegespreek as deel van die Red Suid-Afrika-veldtog.

Ramaphosa het die afgelope naweek tydens ʼn ANC-verkiesingsveldtog opleidings- en werkgeleenthede aan die skare belowe.

Hiervan gaan dadels kom, meen Steenhuisen.

Hy het Ramaphosa as die grootste “bedrieër en manipuleerder” van almal in sy kabinet beskryf.

“Ons doen ʼn beroep op die OB om dringend hierdie misbruik van belastingbetalersgeld vir die doeleindes van verkiesingsmanipulasie te ondersoek,” het Steenhuisen gesê.

Volgens hom is dit nou tyd dat die ANC in die bek geruk word omdat hulle Suid-Afrikaners manipuleer en verkul.

“Vir 30 jaar het die ANC Suid-Afrikaners bedrieg met beloftes wat hulle nooit van plan was om na te kom nie; dink daaroor. Hulle manipuleer ons met die belofte van werk, maar in werklikheid is werkloosheid hoër as wat dit ooit was,” sê Steenhuisen.

Hy het verder gekap na die ANC se beloftes oor hulle “sogenaamde planne om almal gratis onderwys” te gee.

“In werklikheid het Blade Nzimande se kaders in NSFAS al die geld gebuit.”

Hy het ook uitgevaar oor die feit dat daar tans nie enige beurtkrag is nie. Volgens Steenhuisen is dit nog ʼn manier van manipulasie deur die ANC-regering.

“Hulle wil ons skielik oortuig dat daar nie beurtkrag is nie, maar beurtkrag is nie weg nie. Dit gaan ʼn honderd keer erger terugkeer ná die verkiesing. Weereens probeer die ANC ons bedrieg.”

Van die ANC se nuwe dagbreek, onder Ramaphosa se leiding, het daar niks van gekom nie.

“Die afgelope vyf jaar het hy [Ramaphosa] ons gemanipuleer met sy leë beloftes om korrupsie en staatskaping te beveg. Maar hy is die een wat die voorsitter van die ANC se kaderontplooiingskomitee was toe staatskaping gebeur het. Hy is die een wat staatskappingsmisdadigers in sy kabinet aangestel het. Hy is die een wat 90 mense wat by staatskaping betrek word, na die parlement wil stuur nadat die verkiesing verby is.”

Hy het ook gekap na die gevangenes wat die president vrygelaat het en gesê dit was bloot ʼn komplot om oudpres. Jacob Zuma vry te laat.

Volgens Steenhuisen het die DA gevind daar is reeds 400 van dié gevangenes wat reeds weer die wet oortree het.

“Die bloed van die slagoffers is op die president se hande, want hulle sou nie aangeval gewees het as die misdadigers in die tronk gebly het waar hulle hoort nie.”

Volgens Steenhuisen sal dié bedrieglike praktyke en “die mishandeling” van Suid-Afrika op 29 Mei tot ʼn einde kom as die ANC uit die kussings gelig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ore ·

Stem saam. Rampposa het miljoene werkgeleenthede belowe maar hoeveel mense is staatsdepartemente het hulle werk verloor ,Bv gaan by Poskantoor afgedank word? Die een wat hom glo kan net sowel aan die ooievaar ook glo.

koos10 ·

John, bou jou politiek op jou en jou venote se suksesse, nie op die ANC se leuns nie. Wat jy verkonding oor die ANC is waar en almal weet dit, maar wat en meer belangrik, hoe sal jy/julle dit regstel? Wees realisties en hou by jou beloftes. Dis hoe die DA sal voorkom. Jy moet onthou dat julle die middelklas en plattelandse stemme wil trek en moet daarom die kiesers oortuig dat julle ‘n beter opsie is as die ANC. Om ANC taktiek te gebruik om hulle te wen sal nie werk nie, want hulle het jare meer ondervinding as julle. Om te sê “kyk na die Wes Kaap” gaan jou niks baat nie, want die kiesers wat jy wil trek, was 80% nog nooit in die Wes Kaap nie.

Ronél ·

Jaar na jaar dis die cANCer al hulle beloftes op ‘n silwer skinkbord op-NIKS verander nie; en die blinde massas ry aan die pen.

Manie ·

As ek vir Steenhuizen kan raad gee, pasop om nie te veel aandag te bestee aan hoe julle die land na die verkiesing wil regeer nie. Maak eers baie seker julle behou die Wes-Kaap, want die wolwe loop rond en spog alreeds oor hoe hulle julle gaan opvreet. Beplan eerder die Wes-Kaap se onafhanklikheid en hoe julle die honderde duisende inkommers vanaf die Oos-Kaap gaan stuit.

Jacobus ·

Manie ek stem saam die Oos Kapenaars word busvragte vol aangery na die Weskaap.

skurweberg ·

“All is fair in love and war”, is dit nie die liberale standpunt nie?

Manie ·

Jacobus, daar is beeldmateriaal wat wys hoe 5 volledige muur en dak panele met trokke op persele afgelaai word, die een na die ander en binne ‘n paar ure is die sinkhuise volledig aanmekaargesit. Ek het al gewonder wie sit hieragter en wie betaal daarvoor? Ek glo ons het beide reeds die antwoord.

Papsak ·

Ja nee kyk alles lee blikke van beloftes dankie DA hierdie President het net gelieg vir alles en almal maak oop julle oe stem reg ASB ????

Roedolf Johannes ·

Die DA het dan dieselfde in hulle toespraak gesê van werkskepping.

Republikein in die Wes Kaap ·

Manie, dis beslis georkestreer. Maar dan spog Winde oor al die werk wat hulle wil skep. Hulle lok migrante soos motte. Op huidige trant sal die DA beheer verloor. Dit sal die einde van die DA beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.