Okosa kry nuwe waarnemende voorsitter

Dr. Keabetswe Modimoeng is as waarnemende voorsitter van Okosa aangestel. (Foto: ANA)

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het dr. Keabetswe Modimoeng as waarnemende voorsitter aangestel nadat die vorige voorsitter van dié amp onthef is nadat hy skuldig bevind is aan bedrog ter waarde van miljoene rande.

Modimoeng is aangestel ná ʼn spesiale raadsvergadering wat Maandag gehou is in ooreenstemming met artikel 5 van die Okosa-wet wat voorsiening maak dat ʼn voorsitter deur raadslede aangestel kan word in die afwesigheid van ʼn dienende voorsitter.

Rubben Mohlaloga is sy voorsittersamp kwyt nadat hy vroeër 20 jaar tronkstraf opgelê is omdat hy die Landbank uit R6 miljoen bedrieg het. Die nasionale vergadering het beslis dat Mohlaloga in die pad gesteek moet word nadat hy in Januarie aan bedrog en geldwassery skuldig bevind is.

Die saak kom reeds sedert 2012 toe Mohlaloga ʼn ANC-wetgewer en die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou was. Sy regspan het ʼn appèlaansoek teen sy vonnis in die saak ingedien.

Intussen het Modimoeng sy toewyding aan Okosa uitgespreek en beloof dat hy in dié posisie “Suid-Afrikaners eerste sal stel”.

Modimoeng het ʼn MBA en PhD in bestuurswetenskappe agter sy naam, is ʼn Harvard Universiteit-seniorgenoot en het ook ʼn uitvoerende ontwikkelingsprogram aan Wharton School of the University of Pennsylvania voltooi.

“[Okosa] word regeer deur wetgewing en gelei deur ʼn mandaat van openbare belang en daarom sal ons voortgaan om die Suid-Afrikaanse publiek eerste te stel wanneer ons besluite neem. Ons sal voortgaan om ten nouste met sleutelbelanghebbendes saam te werk, onder wie die regering, om te verseker dat die owerheid se regulatoriese besluite transformasie in die ICT-sektor bevorder, ekonomiese groei ondersteun en geleenthede ontsluit,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alida ·

Lees ek reg dat hy 20jr tronkstraf gekry het. Bravo darem een wat aan die pen ry of loop hy nog iewers rond?

GM ·

Plaas hul maar net reguit sê dat sekere velkleure nie moeite moet doen om lenings te probeer aangaan by landbank nie. Transformasie, transformasie. Sien hul nie hoe word die plase getransformeer van ‘n winsgewende plaas na ‘n bar stuk grond sodra dit onteien word nie? Nou sal hul eerder een wat kan boer en voedsel kan voorsien in groot maat, afkeur om kwotas ‘reg’ te hou.

Genieve ·

Sy gesigsuitdrukking wys sommer wie hy is..kansvatter en klaar

Judge Dredd ·

So, wanneer is digitale migrasie klaar ?
Ons is al meer as 4 jaar agter.

Willie ·

Almal van hulle het grade, diplomas, ere grade, boeke vol.. maar geen anti-korrupsie graad nie

George in Bloem ·

Ou kader uit,nuwe kader in. Same old same old……gaap…..

George in Bloem ·

Ou kader uit,nuwe kader in. Same old same old……gaap….

Hendri ·

Is dit net of…? Hy lyk vir my so baie na ou Hlaudi Motsoeneng. ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.