ʼn Volskaalse ondersoek is van stapel gestuur nadat bewerings aan die lig gekom het dat ʼn Noord-Kaapse onderwyser hoërskoolleerders swanger gemaak het.
Die voorval het by die Bothitong Hoërskool in Kuruman plaasgevind.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Noord-Kaapse departement van onderwys, het aan Maroela Media bevestig dat die departement die bewerings ondersoek. “Die ondersoek het gister [Woensdag] begin. Niemand is nog geskors nie aangesien ons beamptes nog besig is met die ondersoek,” het Van der Merwe gesê.
Die departement het wel in ʼn verklaring bevestig dat onderwysers wat onder verdenking is onmiddellik voorwaardelik geskors sal word hangende die uitslag van die ondersoek.
“Ons kan die publiek belowe dat ons geen steen onaangeroer sal laat in dié ondersoek nie. Die nodige dissiplinêre stappe sal gedoen word, na gelang van die bevindinge van die ondersoek,” het Van der Merwe gesê.
Volgens die departement se rekords was daar in die afgelope drie jaar slegs 16 leerders by die skool swanger, maar Van der Merwe het bevestig sommige berigte beweer 30 leerders is hierdeur geraak.
Hy het bygevoeg die departement hoop die leerders wat die aantygings gemaak het, sal hul samewerking gee om die ondersoek so spoedig moontlik af te handel.
Martha Bartlett, LUR vir onderwys, sal die skool Maandag besoek.
“Slegs” 16 leerders swanger….
Dit was dalk meer op n tyd. Genade, ek sal nooit gewoond raak aan die waardestelsels nie, nooit!
met DNA is die ondersoeke mos gou gou afgehandel
“Slegs” 16 leerders swanger…
Ek wou dit nou net sê!
Genade wat nog in SA.
SJOE!!! “…slegs 16 leerders swanger…”
Daar behoort geen skoolkinders swanger te wees nie!
Watter vak het die onderwysers gegee? Lewensoriëntering?
Indien skuldig, moet hierdie woelige onderwysers summier afgedank te word, en hulle moet onderhoud te betaal vir al hul kinders. (Ek weet as hulle afgedank word, kan hulle nie onderhoud betaal nie. Maar ek is nou so geskok ek kan nie reguit dink nie.)
Genade, dit is skokkend.
Hy het seker net vir hulle die praktiese deel van Lewensorientering geleer.
Onderwys Departement seker trots op hulle….. hul sorg verseker dat die klasse oor ‘n paar jaar lekker vol gaan wees
Slegs 16 leerders????? WOW !!! Is dit veronderstel om ‘n rekord te wees of is dit veronderstel dat dit darem nie baie is nie. Dis TE VEEL!!GEEN skoolkind behoort enigsins swanger te wees nie. Skande
Piper, jy bedoel seker DNS!
Barend, Piper is heeltemal korrek met ‘n DNA toets (vaderskap) en dns is vir rekenaars
Watter vak het die onderwyser gegee. Slegs 16 is 16 te veel.
Dis nie die enigste skool waar dit gebeur nie. In die eerste kwartaal was daar ‘n ondersoek na ‘n soortgelyke geval iewers in die Vrystaat: die twee meisies het by mekaar gespog oor wie die pappa van die baba(s) was, en toe nommer 3 daarvan hoor, was daar vonke, want sy het ook dieselfde pappa se baba verwag.
Onthou die onderwyser(s) is toegewyd aan opvoeding van leerders. Praktiese ondervinding tel baie meer as boek geleerdheid, dan is daar darem nog die voordeel van “child support” ook.
stop die kinder toelaag. uit die 30 mammas het tenminste 27 se ouers ook n toelasg vir hulle gekry.
ja daai geldjies is nie te versmaai
Indien dit hierdie keer slegs 16 was – hoeveel was daar gewoonlik voor dit gewees?
Dis omdat ons kleintjies by elke een mos moet maak.
Nee kyk dit gaan VROT in die skole ..dan nog so n ou skurk wat mens se kinders moet leer en opvoed …AG NEE MAN !
Departementeel aankla, ek sou nou dink dis Krimineel. … Eish…waardestelsels.., watter waardestelsels “waar nou al ooit gesien !!! Uncivilized !!! het enigsins n begrip van waardestelsels.
Stem heelhartig met jou saam, sal dit nooit kan verstaan nie. Dink nie ons moet dit probeer verstaan nie, jy sal jou hele lewe deurgaan en dit steeds nie regkry nie. ” A Lost Cause”
Statutêre Verkragting!
“Slegs 16 leerders swanger” en ‘n onderwyser help daarmee. Verbaas enigiets ons nog? Moet tog net nie die fout maak om dit te se nie, dis diskriminasie.
Die artikel en skoolhoof se beslissing word afgemaak dat dit net nog n daaglikse gebeurtenis is wat gehanteer moet word… Dit kom geensins voor dat hier voorsorg maatrëels van toepssing is nie…
Dit is die aanvaarde sosiale omgewing wat as normaal beskou word…
Waar is geestes gesondheid van toepasing… Ek is van mening dat die skoolhoof en verdere personeel ook nie in die beroepslui hoort nie, harde woorde…
Ouers is verantwoordelik vir die voorsorg van welke omgewing wat kinders betreë…
Die departement moet die moontlikheid ondersoek van ‘n iets vir ‘n iets.
Dalk het die leerders ook iets hieruit “gescore”.
Almal bly se “kinders” maar daar word nêrens gesê hoe oud hierdie leerders is nie. Die dat die onderwyser dalk nie krimineel aangekla word nie. In SA is alles moontlik.
Elke skoot n kolskoot!
Dit gee n nuwe betekenis aan die term “Nasiebou”
Ek is net bly ek hoef nie sy onderhoud vir die kinders te betaal nie.
Al die pret en min plesier…
Hy gaan ni vir hulle betaal ni my vriend ons gaan
En so word die ry by die SASSA kantore vir “grants” net nog langer!!!!!!
Hy gaan ni vir hulle betaal ni my vriend ons gaan
Susan, DNA (Dioxyriboneucleic acid) is die Engels vir DNS (Deoksiribonukleïensuur)
gabe; jy is heeltemal korrek.