Ondersoek ná wagte gestremde kind by hospitaal aanrand

Skermgreep uit die video wat op X (Twitter) gedeel is

Twee veiligheidswagte is geskors ná ʼn video gedeel is van ʼn 13-jarige seun wat by die Ladysmith-hospitaal aangerand word.

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid stel dringend ondersoek in na die voorval wat verlede week Donderdag plaasgevind het. Die saak is Vrydag onder die hospitaalbestuur se aandag gebring.

Ntokozo Maphisa, woordvoerder van die departement, sê die betrokke veiligheidsmaatskappy is onmiddellik in kennis gestel van die voorval en daar is dadelik opgetree teen die werkers.

“Die departement kan intussen bevestig dat die twee veiligheidswagte onmiddellik geskors is deur hul werkgewer, wat deur die hospitaal gekontrakteer is om veiligheidsdienste by die hospitaal te lewer. Die departement het ook ʼn interne tugproses teen die betrokke personeellede ingestel.”

Maphisa het gesê die pasiënt, wat gestremd is en in ʼn plek van veiligheid gewoon het voor hy by die hospitaal opgeneem is, is intussen na ʼn ander hospitaal in Durban geskuif.

“As ʼn departement is ons geskok en staan in afgryse oor die voorval. Ons LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane, het dit duidelik gemaak dat die veiligheid en welstand van ons pasiënte prioriteit geniet. Mishandeling onder enige omstandigheid en op enige manier, sal nie geduld word nie.”

Volgens Maphisa is die saak by die polisie en die departement van maatskaplike ontwikkeling aangemeld.

“Ons kan bevestig dat ʼn dissiplinêre proses van stapel gestuur is. Dié proses sal onder andere bepaal waar die verpleegsters tydens die voorval was, wie die veiligheidswagte ontbied het en hoekom die pasiënt aangerand is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Wat het hulle in die eerste plek in die saal gedoen as hulle nie deur verpleegpersoneel ontbied is nie.Waar was die verpleegsters of die Sister aan diens.

Harley Davidson ·

Casper jy beskryf nou n eerste wêreld land ,onthou hierdie is Suid-Afrika waar geweld en onbevoegdheid koning is.

Wendy ·

Verpleegpersoneel soos ons dt 30 jr trg gken ht bestaan nie my man ht ampr sy lewe verloor agv verpleeg nalatigheid en dit in privaat hospitale nee hulle is almal net daar vd salaris en voordele niks anders.

Juanita ·

Ek sal nie verbaas wees as die susters wel die manne geroep het vir hulp nie. Hulle het baie moontlik ‘n opdrag uitgevoer in onkunde.

Truman Burbank ·

Dit is wat gebeur as ander maatskapye die keuring doen vir wie sekuriteit by n instansie behartig

skurweberg ·

Die individue wat verantwoordelik was vir die aanstelling van die wagte in die poste wat hulle nooit moes kry nie moet ook afgedank word. ‘n Spul onopgeleide of half-opgeleide werkgewers en werknemers.

Wondermaarnet ·

Hoekom word sekuriteit in die hospitaal BY ‘n pasiënt toegelaat?

Di ·

Onbevoegde en nuttelose mense word orals in poste ingedruk, HIERDIE is een van die duisende gevalle wat daagliks plaasvind. Hulle soek die werk maar verrig nie ‘n steek werk 365 dae van die jaar nie!

Korrelkop ·

Ek wil vloek, maar ek kan nie aan ‘n sleg genoeg woord dink nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.