‘Onderwys – en ons land – het nou sterk leiers nodig,’ sê Rhoda Kadali

skool-21.jpeg

Argieffoto

Doelgerigte leierskap op álle vlakke is noodsaaklik om Suid-Afrikaanse onderwys van ondergang te red.

Dít was die boodskap van die akademikus, politieke kommentator en menseregte-kenner Rhoda Kadalie. Sy was die gasspreker op die algemene jaarvergadering van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het.

Kadalie het dit sonder omhaal van woorde duidelik gemaak dat onderwys in Suid-Afrika, veral op tersiêre vlak, op die rand van die afgrond staan. “Gesaghebbende leierskap is al wat tussen ons en ondergang staan,” sê Kadalie. Met verwysing na wat sy die “ontasbare” elemente van leierskap noem – daardie aspekte wat nie gekwantifiseer kan word nie – het Kadalie voorstelle gemaak vir hoe sulke visioenêre leierskap sal lyk. “Eerstens is waardes en respek nou waardevolle kommoditeite. Ons leiers moet aan ons kinders wys hoe lyk dit eerder as om hulle te vertel.”

Kadalie het groot klem gelê op onderwysers se plig om kinders vir die toekoms te onderrig. “Probeer jou indink hoe hierdie kinders se lewe in 2030 gaan lyk – en rus hulle toe om dán suksesvol te wees. Dit sluit die gebruik van tegnologie in, maar strek veel wyer, met die werklike fokus wat op volhoubare ontwikkeling moet wees.”

Teen die agtergrond van oproepe vir die dekolonisering van hoër onderwys en ook onlangse geskille rondom leerders se voorkoms en die toepassing van skole se gedragskodes het Kadalie gesê Suid-Afrikaners moet leer om hul uniekheid tot voordeel te gebruik. “Ons moet diversiteit aanmoedig. Ons unieke verlede met álles wat daartoe bygedra het, stel ons in staat om met innoverende idees vorendag te kom. Dit is iets wat ons in staat stel om internasionaal kompeterend te wees en die onderwyssektor moet daarop fokus om ons kinders te leer om dit as ’n voordeel aan te wend.”

Kadalie het Fedsas geloof vir die organisasie se leidende rol in die onderwyssektor. “Fedsas se werk getuig van innoverende denke. Die organisasie is ideaal geposisioneer om openbare mening te beïnvloed.”

Sy het onderwysers ook herinner aan die groot verantwoordelikheid wat op hul skouers rus. “Nou meer as ooit het ons onderwysers nodig wat kan opstaan en lei. Alle rolspelers in die onderwyssektor moet hul posisie en gesag gebruik om te lei sodat ons ons kinders vir die toekoms kan voorberei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Hoekom nou 22jr te laat noudat daar letterlik miljoene kinders deur die sogenaamde ANC gat getrek is wat van hulle ? hulle wat geen toekoms het nie dis hulle wat nou eff ondersteuners is noudat ANC sy gat sien nou wil hy operate

Jan ·

Voor ek die berig gelees het, ek het net die opskrif gesien, toe gaan presies dit wat jy sê, deur my kop.

Joh. 3:16 ·

Die eerste ding wat ek aan gedink het was, as dit die beste toespraak met die voorste spreker in die land is, is onderwys sonder leierskap. Om nog meer druk op onderwysers te plaas om nou sterker na vore te tree is onbillik. Ek dink, veral in skole wat darem nog funksioneer, doen onderwyser reeds hulle beste ten spyte van uiterste swak leierskap.

Maria Van Dieweeck ·

Goed ek stem saam. Ek dink daar behoort sterk daarop gefokus te word om ouers te leer om hul kinders te help met SELF dissipline, asook n deurlopende eenvoudige waardestelsel. (Waaraan elke kind kan deelneem hetsy geloof)

Die Geskiedenis wat kinders leer het n groot effek op hoe hul die wereld sien en verhoudings bou en huidiglik is hierdie boeke vol infame leuens wat rassehaat aanwakker. Dit is onnodig en n onreg aan elke kind.

Diversiteit het n sterk krag as almal welkom en veilig in hul land voel en erken word vir hul bydraes.

Jan ·

Skuus Rhoda, dit is so goed jy praat met die wind. Wat jy nou sê, sê ek al vir 20 jaar en niemand het na my geluister nie.

Spesialis ·

Die regering stel nie die minste belang in spesialiste se raad nie. Ek het hulle ook gewaarsku, aanhoudend. Dit is suiwer die ANC en hulle ondersteuners se skuld.

popeye ·

Ek voel lus en sê niks maar iewers is nog hoop….hierdie “koma” waarin ons leef gaan hopelik verbeter as ons weer ‘n leier met visie en eerlike intensie het. Ons suig aan die “gatkant” van alles is S.A. (almal) a.g.v. die swakste leierskap ooit!!!! Selfs voor Van Riebeeck se tyd hier op hierdie lappie aarde!!!

Johannes Meintjes ·

Die Nuwe SA in totaliteit is na mening sonder “gesaghebbende” en kredietwaardige leierskap! Daar is eenvoudig net te veel korrupsie, kompromie, agendatjies en morele bankrotskap onder diegene wie hulself as glorieryke leiers op alle terreine in SA aanstel of voorhou.

CAROL ·

NOU WONDER EK – MY DOGTER HET SOPAS HAAR ONDERWYS VIR (GRONDFASE) KLAAR GEMAAK – GAAN DIE KIND OOIT N WERK KRY?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.