Onderwyser by private skool verkrag glo leerder

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

’n Onderwyser by ’n private skool in Gauteng wat van die verkragting van ’n leerder beskuldig word, bly voorlopig agter tralies.

Die onderwyser is Woensdag borgtog in die rondgaande hof in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria geweier.

Hy is verlede maand in hegtenis geneem nadat een van sy 12-jarige leerders verkrag is. Die leerder is in gr. 6 by een van die skole wat deel vorm van ʼn instelling wat private onderwys teen ʼn bekostigbare skoolfonds aanbied.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die kind se ma het op 5 Mei opgemerk dat sy gedrag verander het. Die seun wou byvoorbeeld nie meer sy gunsteling-kos eet nie.

Die ma het besluit om die aand by haar kind te slaap. Sy het toe opgemerk dat hy rondrol en sukkel om te slaap. Hy het ook effense bloeding gehad.

Die ma het die volgende oggend boonop opgemerk dat daar geld uit haar bankrekening onttrek is. Sy het haar seun daaroor gekonfronteer en hy het erken dat hy die geld onttrek het sodat hy ʼn PlayStation 4 vir ’n onderwyser by die skool kon koop.

Dít sodat die onderwyser hom nie langer sal aanrand nie, het dit later uitgekom.

Die ma het die saak by die polisie aangemeld en die onderwyser is op 18 Mei in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

Die staatsaanklaer in die saak, Lorinda van Pittius, het vandeesweek in die hof aangevoer dat dit nie in belang van geregtigheid sal wees indien die onderwyser borgtog toegestaan word nie, aangesien hy nog nie by die betrokke skool as onderwyser geskors is nie. Pittius het aangevoer dat die onderwyser moontlik ’n risiko vir die slagoffer kan inhou.

Die onderwyser sal nou weer op 13 Junie in die hof verskyn. Hy bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

RB ·

Straf hom met gepaste straf vir die oortreding.
Ontman hom – hy sal nooit weer ‘n kind skade doen.
Ander wat sulke gedagtes het sal 2x dink voor hulle oorgaan tot aksie.

domheks ·

Lee beloftes aan ‘n kind. Die vark werk vir geld en ‘n kind moet betaal vir sy playstation? Hy is siek in sy kop!

Misky ·

Shame, die trauma waardeur die arme kind moes gaan dat hy die onderwyser wou omkoop met ‘n Playstation. Hoop hulle vergeet waar daai sleutel gehou word as hy toegesluit is.

Naomi ·

Sulke onderwysers hoort nie in ons samelewing…kinders word aan hul toe vertrou…in wie jy moet glo en kan vertrou met jou lewe…hou hom maar agter tralies waar hy hoort geen playstation

KatjieDeKat ·

Hoe desperaat moes daardie ou seuntjie gewees het! Hierdie maak my briesend. Ek hoop hy kry berading en word gehelp om hierdie afskuwelike ding te verwerk. Hartseer dat kinders al van n vroee ouderdom moet leer hierdie wereld is n brutale plek vol siek mense.

DD ·

Maak net seker van die feite voor julle oordeel. Duidelik besef baie mense nie waartoe vandag se kinders in staat is nie. Veral in sekere skole waar kinders altyd reg is, geen gevolge vir hul dade dra nie en onderwysers altyd die blaam moet vat, omdat besigheid vir die bestuur belangriker is as om kinders toe te rus vir die toekoms. Glo my as ek sê dat ek eerstehands weet wat aangaan in daardie tipe skole en tot watter uiterstes kinders selfs so jonk as 10 sal gaan. Ek kon soveel voorbeelde noem, maar dan word my kommentaar weer geblok. Hierdie kinders is glad nie so onsluldig soos wat die deursnee Afrikaanse ouer glo nie, bloot omdat hulle nie hieraan blootgestel word en dit buite hulle verwysingsraamwerk is nie. En my beskeie opinie, ‘n ma wat saam met haar 12 jarige seun slaap, us reeds effe vreemd.

LIEZL ·

Wonder of die onderwyser ooit kwalifikasie het om onderwyser te wees

Samuel ·

Hoe siek is die mensdom nie? ‘n Onderwyser is tog iemand na wie mens opsien.

Di ·

Genade, Hierdie raak nou ‘n algemene ding in die skole! Wat gaan aan met die mense? PEDOFIELE

Catherina ·

As dit waar is, is dit onmenslik. Ek was self in onderwysberoep. Skaam my dood

Swerwer ·

Genade maar dit is ‘n siek spul, en dit alles is te dankie aan die ANC met hul kommustiese wettelose
stelsel wat hul implementeer het.

Niklaas ·

Dis nou siek. Daai arme kind. Tronk toe met hierdie onderwyser , (aar hy ook dalks nie ‘n paradys tyd gaan geniet nie ).

Eden ·

Daar moet ‘n spesiale plek in die Hel wees vir hierdie tipe skuim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.