Onderwyser geskors wat glo lyfstraf toedien

(Argieffoto)

’n Oos-Kaapse onderwyser is tydelik geskors hangende ’n interne ondersoek nadat dié na bewering lyfstraf op ’n matrikulant in die klaskamer toegedien het.

Die onderwyser van die Sandi Senior Secondary School in Ngqeleni is geskors nadat foto’s van die matriekmeisie se geswelde hand op sosiale media versprei is.

Die presiese besonderhede van die voorval is nog onbekend.

Die Oos-Kaapse departement van onderwys sê wel die matrikulant se ouers is aangeraai om ’n saak van aanranding by die polisie aanhangig te maak.

Die matrikulant sal ook saam met haar ouers berading ontvang.

Malibongwe Mtima, woordvoerder van die departement, sê ’n multidissiplinêre span is sedert die beweerde voorval na die skool gestuur om die bewerings te ondersoek.

Mtima vestig weer die aandag daarop dat die Gewysigde Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 sowel as die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) se Kode van Professionele Etiek die praktyk van lyfstraf verbied.

“Versuim om hieraan te voldoen het ernstige implikasies, onder meer afdanking en deregistrasie deur Saro.”

Mtima sê ouers word altyd aangemoedig om ’n strafregtelike saak by die polisie aanhangig te maak wanneer lyfstraf toegedien word.

“Selfs in hierdie geval sal die departement hom by die slagoffer skaar, en sal haar ouers as sodanig aangemoedig word om ’n saak van aanranding by die polisie te open, terwyl die departement voortgaan met sy interne ondersoek.”

Volgens Mtima sal die leerder en haar klasmaats ook binnekort ’n opleidingswerkswinkel bywoon oor “wat om te doen sou dit weer gebeur”.

“Daar word met hierdie stap gepoog om die publiek se vertroue in die stelsel te herstel terwyl samewerking tussen opvoeders, leerders en ouers aangemoedig word,” sê Mtima.

Die Oos-Kaapse LUR vir onderwys, Fundile Gade, het intussen gesê hy veroordeel skole wat 28 jaar ná die afskaffing van lyfstraf steeds dié praktyk toepas.

Die LUR sê die optrede stel die onderwyssektor en die beroep in die verleentheid.

“Ons doen ’n beroep op alle wetsgehoorsame burgers, ook opvoeders, om hulself te distansieer van die kwaadwillige en barbaarse daad van die beoefening van lyfstraf. Versuim om dit te doen kan lei tot die beëindiging van kontrakte vir diegene wat hulle aan die verkeerde kant van die wet bevind,” waarsku Gade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Patch ·

In die jare toe ek op skool was, is meisies met n hout liniaal op hul hande geslaan en ons het n wiskunde juffrou gehad wat meisies en seuns met n bordpasser op die hande geslaan het.
Alhoewel jou hande goed rooi was en die koue staal pote van jou tafel bietjie verligting kon bring vir die brand, het ons darem NOOIT berading nodig gehad nie, nie die leerders nie en nog minder die ouers.
Dis lagwekkend dat berading aangebied word.
Ek kan nie dink aan een kind, in my tyd, wat enige emosionele letsels oorgehou het nie behalwe om te weet jy doen nie weer dieselfde ding oor nie.
Ek onthou dat seuns pouses nog gespog het oor hoeveel houe hulle gekry het en nie eers n oog geknip het nie, want dit was n bewys dat jy mans genoeg was om n pak te kon vat.

Nie Verbaas ·

“Die matrikulant sal ook saam met haar ouers berading ontvang” Wat n grap. Vandag het almal ewe skielik berading nodig vir wat in ons dae normaal wees. Kan net indink hoe arrogant vandag se kinders met onderwysers is.

Oljetter ·

Janee kyk, hulle is nou lewenslank geskend. Bring die beraders en die ongeskiktheidstoelaag.

miche ·

Ek is ‘n voorstander van ‘n loesing op sy tyd( soos bv. vir diefstal ens.)
Ek was op hoërskool in die 70’s gedurig hard op my hande met ‘n rotting geslaan net omdat ek gesukkel het met Wiskunde of die antwoorde verkeerd gekry het.

piet ·

Toe ek op skool was, was daar ouens wat elke dag pak gekry het, dit het niks gehelp nie inteendeel hulle het ‘n grap daarvan gemaak. Nutteloos gewees.

Christo ·

Dink dat vele n onderwyser deesdae in versoeking is met die huidige stand van dissipliene van die heug

Frank ·

Wat van berading om soos gedisiplineerde kinders met respek vir onderwysers op te tree en nie soos hooligans nie? Dit is amper soos om misdadigers berading te gee omdat hulle gevang is.

Adri ·

Kan die onderwys departement asb ‘n geskikte straf voorstel vir onbeheerbare skoliere? ‘n Straf wat “actually” werk!

Jixy ·

Ek wonder (net vir interessantheid) hoeveel moorde daar in skole plaasgevind het voordat lyfstraf afgeskaf is. En wat was die selfmoord syfer onder skoolkinders?

Johann ·

dit is presies hoekom daar wan orde en chaos is ons land is die kinders word nie meer geleer van reg en verkeerd nie hulle kan weg kom met moord dan is dit nou maar ok. bring lyfstraf terug in die skole dat die kinders maniere kan leer en weer kan oom en tannie en net sommer jy en jou en maak soos hulle wil nie.

Grassie ·

‘n Mens slaan nie aan ‘n vrou nie, van ‘n baba tot ‘n ouma.

Sêmanet ·

Pakslae wat weg gevat is, is die rede vir die ongeskikte stout en voor op die wa kinders van vandag. In ons dae mag ons nie ons ouers vertel van pakslae nie, dan kry jy weer pak. Want hoekom luister jy nie vir jou onderwyser nie. Hierdie is ‘n grap. Dis ook hoekom daar so baie dwelms, swangerskappe en wie weet wat is onder leerders.

Shakespeare ·

Berading is 90% vd tyd ‘n foefie. Jy betaal ‘n arm en ‘n been en NIKS kom reg nie. Sielkundiges gebruik ander mense se koppe om baie geld te maak.

Di ·

Kinders MOET gedissiplineer word, punt! Vandat hierdie snert in skole in gebring is, is daar geen respek vir onderwysers of ander leerlinge nie. Kyk maar om jou rond hoe dit gaan in ons land vandat die “oortreders” bekerm word en die wetgehoorsame mense moet daaronder ly. Die kroonwild moet mos beskerm word.

donsie ·

Ek het geweier dat hulle my op my hande slaan opskool, vir ten minste 2 ure kan jy nie skryf nie en dit is seer. Ek was een van die min girls wat gebuk het op skool, later het al die girls gebuk. as jy nie wil luister nie moet jy voel, vandag se kinders en ouers is softies, ons ouers en ons self wat tough gewees voor apartheid

honeybee ·

Stem met almal saam hier bo. Die onderwser van vandag moet hare op hul tande he en Job se geduld. Oor die berading kan mens net lag. In ons tyd sou almal berading moes kry.

trotsNAMSA ·

My huishoud onderwyseres het al die meisies met ‘n groot houtlepel geslaan op ons hande. Dit nadat een meisie vergeet het om sout in die gereg te gooi. My Ma het net gesê nadat ek haar vertel het, dat as die onderwyseres dink dat almal moet ‘n hou kry, dan moet ek nie by haar kom kla nie. Nou staan my hande vir niks verkeerd nie !

Cecilia ·

Ja nee ek dink die arm onderwysers moet daaglikse beranding kry met die ongedissiplineerde kinders en hul ouders. Ek weet van kinders wat hul onderwysers vloek op hul skreeu met potloode aanval en daar word niks gedoen nie maar die oomblik as die onderwyser net steef kyk vir n kind dan word daar n saak aanhangig gemaak. EK HAAL REGTIG MY HOED AF VIR ALLE ONDERWYSERS EN BID ELKE DAG DAT DIE HERE HUL MOET BESKERM. Dis tyd dat die kinders weer moet gedissiplineer word dat hul weer respect kan toon vir onderwysers en hul ouderes.!!!!!

christo ·

Gedurende ‘n reünie van oud leerders en onderwysers, het een van die manne vir my gesê dat my aanmoediging van agter hom gemotiveer om in die hoë pos by sy werk aangestel word. Daar is ‘n verskil tussen ‘n pak slae en kinders te lyf gaan. Solank die drag slae regverdig gedoen is, het geen haan daarna gekraai nie. En terloops ons het die ouers groot geld bespaar want dit was nie nodig om die bloedjie na ‘n sielkundige te verwys nie. Skoolsielkundiges het meer tyd gehad om leerlinge met werklike probleme te help.
Ek het nie eers geweet dat daar ADHD bestaan het op hoërskool nie. Dit was net die pragtigste dogter wat my aandag afgelei het…

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis onwaarskynlik dat die nuwe generasies opgevoeders nog die lat of wat ook wil gebruik. Dissipline en waardes begin by die huis. Hoeveel meisies se hande is permanent beseer dat hulle nie violiste of snydokters kon word nie. Mediese probleme kom dikwels jare later na vore. En dit oor een kind vergeet het om ongesonde sout te gebruik. Dis net ‘n kwessie van tyd dan gaan swart onderwysers ons kinders onderrig. Dan wil ek hoor hoe woedend julle word indien julle kinders hande moet uithou of buk.

Ronél ·

Ag tog, dalk moet die ouers ‘n kenner spreek oor hoe om hul Matriekdogter, wat hopelik 18 jaar oud is, te dissiplineer.

JohanR ·

Nou moet die arme bloedjie wat geneuk seker gaan vir beraading? Onderwysers het 4 of 6 van die bestes gegee. My Pa as ek dit verdien ook ‘n paar houe. Maar hier is ek vandag, en makeer niks. Ook maar gou om die handjies op social media te sit! Wie wil in SA ‘n onderwyser wees?

Francois ·

Berading! Wat ‘n grap! Sommer die ouers kry ook berading! Ek kan eintlik nie glo wat ek lees nie. Wetter die ouers ook sommer, want hulle is seker ook nog bloedjonk – daardie wat pryse gekry het vir laatkom in die atletiek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.