Die bestuurder van ʼn wit Volkswagen Polo het ʼn ongeluk met sy motor gehad, net drie ure ná hy die voertuig in ontvangs geneem het.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is Maandagaand omstreeks 19:20 na Inandaweg in Inanda, KwaZulu-Natal ontbied oor berigte van ʼn voetganger wat omgery is.
Die motor het ʼn voetganger getref toe sy die pad wou oorsteek.
Volgens die bestuurder van die Volkswagen Polo het hy die middag omstreeks 16:30 met die motor, ʼn 2019-model, van die handelaar weggery. Hy was op pad na Verulam toe die ongeluk plaasgevind het.
Die 24-jarige voetganger is deur paramedici behandel vir matige beserings en is na ʼn hospitaal geneem.
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Eina !!
Splinternuut my voet 2019 is maar oud
Eina!
Arme kar.
Praat van noodlot!
“splinternuwe”- 2019? “kar” – motor? mmmm…….