ʼn 43-jarige man van die Hoërskool Morebeng in Limpopo wat aangekla word van die verkragting van ʼn 18-jarige meisie, is Woensdag op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het dié nuus bevestig.
Die man word daarvan beskuldig dat hy na bewering verlede jaar die 18-jarige meisie verkrag het toe sy nog ʼn leerder van die skool was.
Volgens Ngoepe is die verhoordatum vir 27 Julie vasgestel sodat polisieondersoeke afgehandel kan word.
Die verdagte is in Maart vanjaar in hegtenis geneem en was sedertdien in polisieaanhouding. Die onderwyser is hangende die ondersoek tydelik geskors en sal nié terugkeer skool toe alvorens ʼn hof oor die saak beslis nie.
Ja swaer . . . eish! Die onderwyser het ook potensiaal gesien in daardie leerder wat hom laat vergeet van alle verantwoordelikheid. En die wit regter mag dit nie gese het nie.
Interesante van daai…
Borgtog van R 2000 na “Verkragting”, regtig ! Die “pervert” het die kind tegnies “vermoor” deur die verkragting. Sy sal nie normaal kan voortgaan nie, vertroue in mense verloor, nooit weer veilig voel nie en hy kry R 2000 borgtog ! Maar gebruik die “K” van die alfabet en jy gaan 2 tot 3 jaar tronk toe ! Die land se regstelsel is ‘n grap !!!!!!