Onteiening: Grondwet-voorstelle eersdaags in Staatskoerant

Die parlement in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die parlementêre regsadviseurs se voorstelle vir ʼn wysiging van art. 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, sal eersdaags in die Staatskoerant gepubliseer word vir openbare kennisname en kommentaar.

Die voorgestelde grondwetlike wysiging behou die hof as arbiter van die waarde van onteiende grond, met dien verstande dat so ʼn grondwaarde nul kan wees onder spesifieke wetgewing wat die omstandighede vir so ʼn nulwaarde kan bepaal.

Die publiek sal van die publikasie in die Staatskoerant (waarskynlik een of ander tyd volgende week) tot einde Januarie hê om op die voorstelle te reageer.

Die DA, VF Plus, IVP en ACDP in die ad hoc-komitee is gekant teen die wysiging van die Grondwet, met die ANC en EFF ten gunste daarvan.

Vanoggend se vergadering van die ad hoc-komitee het ná twee en ʼn half uur waarin heftige woorde soms geval het, onverrigter sake verdaag in dié sin dat partye nie hul voorleggings ter verandering van die Grondwet gemaak het nie.

Die ANC het wel sy hand gewys in die sin dat ANC-LP’s voorgestel het art. 25 (7) van die Grondwet ook gewysig moet word om dit makliker te maak vir diegene wat grond voor die huidige grondwetlike afsnydatum van 1913 verloor het, om ook grondeise in te dien.

Dr. Annelie Lotriet, DA-LP, het gesê die voorstel gaan duidelik buite die komitee se mandaat om bloot eksplisiet te maak wat implisiet in die Grondwet is, en dr. Corné Mulder van die VF Plus het gesê dit plaas die Boererepublieke ook weer op die tafel.

Die DA, IVP, VF Plus en ACDP is in elk geval van mening dat dit onaanvaarbaar is dat dit aan gewone wetgewing oorgelaat word om die inhoud van ʼn grondwetlike wysiging in effek te bepaal, want gewone wetgewing hoef slegs ʼn parlementêre meerderheid van 50% plus een te behaal, nie twee derdes nie.

Die ANC-voorstelle is bloot gelug en nie gepubliseer nie, maar dit het in ʼn stadium geklink asof hulle wil voorstel dat selfs diegene wat reeds betaling ontvang het as regstelling vir die verlede, weer kan eis vir grond wat hulle weens rasdiskriminerende wetgewing verloor het.

Al die voorstelle is egter teruggetrek en Suid-Afrikaners sal nou net kommentaar kan lewer op die voorstelle deur die parlementêre regsdienste, soos hierbo uiteengesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Judge Dredd ·

Ja, gee die Boerestate en alle grond wat die Boere wettiglik bekom het maar weer terug.

Pottie ·

Is reg judge die ANC moet dan net die verband lening ook af los wat gaan die bank doen my dagvaar en beslag le op die eiendom of plaas wat die korrupte ANC klaar gevat het sterkte vir die bank sal hulle dan in die hof sien

Frikkie ·

Almal wat geld skuld op verband lenings moet sommer dadelik dan ophou betaal. Die regering ssl dan verantwoordelik wees vir alle uitstaande skulde, daarby die duisende wat hulle werk gaan verloor. So kan ons gaan..dit sal soos n tsunami wees..onstuitbaar..

Carpe Diem ·

An great amount of uncertainty lingers in a country already suffering. There is definitely nothing democratic about this decisions taken by government. I argue as there is no protection of minority rights and with the dominance of the ANC, capturing of independent institution such as the judiciary will make it even easier to get what they want. TAKING land from farmers falls within the elements of theft. To make it even worse, amending the Constitution of a country to legitimate it is even more concerning. My question is whats next on the agenda?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.