Ontgroening-saak: Seuns vrygelaat op borgtog

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Vier skoliere, tussen 14 en 19 jaar oud, is Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof in die Noord-Kaap vrygelaat op borgtog nadat hulle glo ʼn medeleerling by die skool se koshuis aangerand en seksueel mishandel het.

“Die skoliere is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie gesê. “Hulle moet op 5 Maart weer in die hof verskyn.”

Die skoliere van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap het na bewering Sondagaand omstreeks 21:30 die 18-jarige slagoffer se kamer betree. Hulle het glo as deel van die ontgroeningsproses hom kaal uitgetrek, sy hande en voete vasgebind en hom op sy maag op die bed laat lê. Hy is glo met ʼn vreemde voorwerp gesodomiseer en verneder.

Die tieners staan tereg op aanklagte van verkragting en aanranding.

Lees alle vorige berigte oor Jan Kempdorp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nico

Lees ‘n mens een van die kinders se skrywe onderaan ‘n vorige berig, is dit duidelik waarom dit gaan en dat baie van hulle in die verlede reeds deur sodanige doop is. Ook kom dit al jare met die kinders saam. Ek sien ook een van die kommentators vat die kind oor sy spelling aan. Ek dink daar steek baie, baie meer daaragter as net die spelling. Ons wat hier kommentaar lewer sien dalk nie die dieper/wyer prentjie nie. Hierdie is nie ‘n uitsonderlike geval nie, dit kan ek julle verseker, die kinders het dit gedoen ook omdat dit aan… Lees meer »

Drieks

Nico, jy is so reg. Vir geslagte word goed onder die mat in gevee. Iewers moet die sweer vir altyd in alle opsigte oop gemaak word. Dan kan ons dalk kinders van kleins af leer wat is regtig verkeerd. Iewers sé ons iets verkeerd dat kinders nie leer uit wat ons sé nie….

Nico

Ek lees vandag Rapport se reaksie op die gebeure. Dit is jammer hulle probeer dit weer ‘n rasding maak. Hulle wil myle daaruit kry. Intussen doen hulle niemand ‘n guns as hulle goed by sleep wat niks met die geval te doene het nie, maar eiertjie, wil hulle eiertjie lê. Hulle beskou dit ook as afknou en wat nog. Ek dink die skrywer van daardie berig is te oppervlakkig om so its te kan beoordeel. Ten minste het ons Afriforum se mense wie die regte benadering het en wat bystand aan daai mense verleen. Dink nou net dit moes Rapport… Lees meer »

Willem

Nico, veral as al wat al wat verslaggewer in hul rubrieke, van Max tot Adriaan (dit is nou die mense uit Transvaal en Die Kaap) los trek met hul preke, so kindergarten. Dit voel of hulle ‘n mens versmoor en nie asem kan kry nie. Dis wanneer ek lus voel om na ‘n Engelse koerant toe oor te skakel. Dit voel of die land te klein geword het.

Mel

Waar was die skool personeel of koshuis personeel wat veronderstel is om verantwoordelik te wees vir die kinders in hul sorg? Elke kind het die reg tot veiligheid en respek maar dis aanvaarbaar dat dit weggeneem word van sommige kinders deur ander kinders????