
Werknemers van die gemeenskapswerkprogram (GWP) ruk Maandag op na Luthuli-huis in Johannesburg. (Foto: Nokuthula Mbatha, ANA)
Werknemers van die gemeenskapswerkprogram (GWP) het vanoggend gedreig om die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis, te vernietig indien die regerende party nie ag slaan op hul eise vir beter diensvoorwaardes nie.
Honderde werkers geklee in oranje oorpakke het na die ANC se hoofkantoor opgeruk in aandrang op antwoorde. Dít volg nadat hulle onlangs ’n memorandum aan Dakota Legoete, woordvoerder van die ANC, oorhandig het.
Die GWP voer aan Legoete het belowe om binne twee weke op die memorandum te reageer, maar dit het nooit gebeur nie.
“Ons gaan Luthuli-huis vernietig volgende keer dat ons hierheen kom, omdat die ANC ons gefaal het,” sê Velaph Ndaba, woordvoerder van die GWP.
“Ons het hulle twee weke gegee om te reageer op ons memorandum van eise, maar hulle neem ons nie ernstig op nie. Dit is nou al ʼn maand en hulle het die laaste keer dat ons hier was hulle daartoe verbind om vir ons binne twee weke terugvoer te gee.”

In die memorandum eis die werknemers siekverlof, kraamverlof asook ʼn verhoging in hul pensioen – van R780 na R1 000 per maand.
“Ons offer ons tyd op om die gemeenskap te dien en dit skoon te hou, maar hulle betaal ons peanuts. Wat kan ons doen met die R780 wat hulle ons betaal? Ons het gesinne om voor kos te gee, rekeninge en skoolgeld.
“Ons is nie eens veilig nie, want hulle gee nie ons volle uniforms nie.”
Die werknemers sê genoeg is genoeg en hulle weier om soos slawe behandel te word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Ek steun julle 100%!!!!
Het al gesien daar is omtrent vyftig van hulle wat skoon maak veertig van hulle staan en gesels en die ander maak net hier en daar skoon so word ons belasting geld gemors
Mense die ANC misluk in alles.
In Zimbawe word dokters R3000 per maand betaal , en hier kry skoonmakers hoeveel ?
Iets maak nie vir my sin nie.
Hulle werk en soek beter kraamvoordele maar ook meer pensioen.
Wat lees ek verkeerd?