Ontvoerde baba 24 uur later weer tuis

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Vier maande oue babaseuntjie van Soweto is binne 24 uur met sy familie herenig nadat hy vroeër vandeesweek ontvoer is.

Die baba is Dinsdagmiddag buite sy ouerhuis in Dobsonville ontvoer. Teen 23:00 het die polisie se teenontvoeringtaakspan die baba in die Roodepoort-myngebied opgespoor.

Polisiebeamptes kon die babaseuntjie red en na ’n hospitaal neem vir ’n mediese ondersoek voordat hy met sy familie herenig is. Die ontvoerders het egter die polisiebeamptes ontglip en die bosse in gevlug.

Die ontvoerders is steeds op vrye voet, sê brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder.

Die presiese omstandighede rakende die ontvoering is nie in dié stadium duidelik nie.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting rakende die voorval by Stop Misdaad, 08600 10111, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacobus ·

Misdadegers ontglip darem maklik hierdie onbevoegde oorgewig beamptes.

Di ·

Hoe word ‘n baba buite die huis ontvoer en waar was die ma? Nog nooit so baie misdadigers gesien wat “wegkom” soos deesdae nie. Baie bly hulle het die baba so vinnig gevind. Wonder net wat die motief agter die ontvoering was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.