Ontvoerde paartjie in Yeoville gered

(Foto: Johannesburgse Metropolisie/Facebook)

ʼn Paartjie wat ontvoer is, is gered toe beamptes Sondagaand ʼn wit minibustaxi in Yeoville, Johannesburg, voorgekeer het.

Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê beamptes het omstreeks 21:30 die minibustaxi op die hoek van Louis Botharylaan en Graftonweg voorgekeer.

“Die bestuurder het dadelik uitgespring en die beamptes genader. Terwyl hulle staan en gesels het, het beamptes ʼn woeling in die taxi opgemerk. Twee mans het daarna uit die taxi gespring en weggehardloop,” het Fihla gesê.

Toe beamptes verder ondersoek instel, het hulle bevind twee passasiers, ʼn man en ʼn vrou, is nog in die voertuig. “Die man het beweer hulle is met ʼn vuurwapen gedreig om in die taxi te klim. Hulle is van hul selfone beroof. Die man het ook ʼn besering aan die linkerkant van sy kop opgedoen wat erg gebloei het. Die man het gesê hy is met die agterkant van ʼn vuurwapen teen die kop geslaan.”

Die bestuurder van die taxi is in hegtenis geneem en sy voertuig is deursoek. “Beamptes het ʼn vuurwapen tussen die bestuurder se sitplek en die voorste passasier se sitplek opgespoor. Hulle het ook op nommerplate in die voertuig afgekom.”

Die nommerplate was op die taxi was, is eintlik nommerplate van ʼn ander voertuig, ʼn Hyundai. Vervalste nommerplate is dus op die minibustaxi gebruik.

“Die verdagte is in aanhouding by Hillbrow-polisiestasie. Hy staan tereg op aanklag van ontvoering, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en bedrog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Regverdigheid ·

Wys jou net Taxis is net so skuldig aan moord, tyd dat hul elke een deurgaan party is nie eers op doe pad en in n toestand, stel mense in gevaar wat in hom moet ry en dan bo als moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.