Ontvoerde vrou dalk vermoor, polisieman vas

Refiloe Malope (Foto: SAPD)

Twee verdagtes, onder wie ’n polisiebeampte, is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ’n vrou van Limpopo verlede maand. Daar word nou gevrees dat die vrou, Refiloe Malope, vermoor en haar liggaam in ’n mynskag in Gauteng gestort is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n sersant verbonde aan die polisiestasie in Benoni aan die Oos-Rand is Dinsdag by sy werkplek in hegtenis geneem. ’n Beweerde medepligtige is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem waar hy glo weggekruip het.

Malope is op 9 Mei vir die laaste keer lewend gesien.

Inwoners van die Kgaphamadi- informele nedersetting in Limpopo sê hulle het dié betrokke dag gesien hoe Malope in die kattebak van ʼn wit sedan gedwing is.

“Die span volg tans inligting op dat die verdagtes moontlik die vrou vermoor het en haar liggaam in Benoni in ʼn ventilasiemynskag wat nie meer gebruik word nie gestort het,” sê Mojapelo.

Die polisie in Benoni se soek-en-reddingseenheid en die departement van minerale hulpbronne is reeds versoek om die Limpopo-polisie in sy soektog na Malope by te staan. Daar sal na haar in die mynskag begin soek word sodra die nodige toerusting vir toegang tot die skag beskikbaar gestel word.

Die twee verdagtes sal vandag (Donderdag) in die landdroshof op Nebo op aanklag van ontvoering en dwarsboming van die gereg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

SKOKKEND hoeveel polisielede aandadig is aan kriminele aktiwiteite in die land! CELE self is nie eers iets om oor te praat nie. Korrupte Regering moet dringend plan maak om sifting in die polisiemag te doen en onslae raak van al hierdie kriminele wat hulle aangestel het.

Marcello ·

Al hierdie dinge gebeur vandat “Affirmitative Action “ingestgel is.. Dit is so jammer ons kinders en nageslag kan nie die Polisiemag ervaar, soos toe ons kinders was nie. Jy het respek vir ‘n Polisieman gehad, en sommige kinders was bang vir die Polisie, maar nou kan die Polisie (goeies) nie eers sekere pligte uitvoer nie, (hulle hande is afgekap)

Swerwer ·

Daar is nie genoeg woorde om hiredie onmenslike barabaarse optrede te beskryf nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.