Onwettige myners nou in polisie se visier

(Foto: Motso Modise, Twitter)

Meer as 130 mense is nou reeds in die Krugersdorp-omgewing aangekeer nadat die Gautengse polisie hoëvlak multidissiplinêre operasies van stapel gestuur het om ʼn einde aan onwettige mynbedrywighede in die gebied te maak.

In die jongste klopjag is 30 onwettige immigrante aangekeer.

Die polisie het sy sigbaarheid in die gebied verhoog ná ʼn beweerde bendeverkragting en gewapende roof Donderdag in die gebied. Tydens die voorval is ʼn groep mense wat besig was om ʼn musiekvideo te verfilm, oorrompel en aangeval. Verskeie van die vroue is verkrag, sommige van hulle glo herhaaldelik, en die groep is van hul besittings beroof.

Polisieoperasies aan die Wes-Rand is verhoog ná die voorval. Brig. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê daar sal met die optrede volgehou word om te verseker die gebiede waar onwettige mynbedrywighede voorkom, word gestabiliseer.

Die polisiespanne is Woensdag terug na die mynhoop naby die R28 in Krugersdorp waar hulle die plastiekstrukture wat onwettige myners gebruik, afgebreek en verwyder het.

Nog ʼn span beamptes het daarna inligting van inwoners en misdaadintelligensie wat versamel is, gebruik om toe te slaan op verskeie huise waar sommige van die onwettige myners glo skuil.

Die burgemeester van Mogale City het ook die mynhoop besoek waar die polisie die strukture afgebreek en op toerusting beslag gelê het.

Die polisie se spanne bestaan uit lede van die Wes-Rand-misdaadintelligensie-eenheid, sigbare polisiëring, openbare orde, nasionale intervensie, die taktiese reaksiespan, die honde-eenheid, sowel as beamptes van Bidvest Protea Coin. Die polisie, sowel as die private maatskappye Fidelity en Tracker het lugsteun gebied, terwyl hommeltuie ook ingespan is.

Die 30 “ongedokumenteerde” mense wat in die jongste klopjag aangekeer is, sal na verwagting binnekort in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Verskeie van die mense wat aanvanklik ná die voorval aangekeer is, het Woensdag in die hof verskyn waar die saak teen hulle uitgestel is sodat ʼn uitkenningsparade gehou kan word.

Dit blyk in hierdie stadium egter nie dat enige van hulle direk met die verkragtings verbind kan word nie.

Die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Elias Mawela, het vandeesweek gesê DNS-ontledings wat ná die verkragtings gedoen moet word, sal geprioritiseer word.

Die beloftes van polisiehoës dat die DNS-monsters spoedig verwerk sal word, het egter skerp kritiek ontlok. Teen Junie vanjaar het die agterstand met die verwerking van DNS-monsters by forensiese polisielaboratoriums op reeds meer as 180 000 gestaan. Dit nadat die agterstand binne ʼn maand met meer as 30 000 ontledings toegeneem het.

“Die feit dat die minister spesiale aandag vereis vir die Krugersdorp-voorval, is uiters onbillik en ’n klap in die gesig van ander misdaad- en verkragtingslagoffers, wat in sommige gevalle al langer as twee jaar wag op die uitslae van toetse wat met hul sake verband hou,” sê Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Daar was die afgelope paar jaar herhaalde oproepe op die polisiebestuur om die forensiese laboratoriums reg te ruk om te verseker bewysstukke word vinniger verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Miena ·

Nou gaan die taverne DNS uitslae eers agtergelaat word sodat hierdie DSN voorkeur kan geniet?

twaalfboor ·

Raakgevat daar Miena. Krisis bestuur is al wat hierdie regering ken.

Burgermeester ·

Hoekom is onwettige myners nou eers in die polisie se visier. Dit bewys dat die polisie geen benul het om proaktief op te tree nie.

#013 ·

Ok, they are focusing on illegal miners in Krugersdorp, what about illegal miners in the rest of the country? I know that Zama Zama’s are a huge problem in the Welkom area?

mattk ·

Ironies hoe daar nou skielik van alle kante opgetree word teen die onwettigheid en die zama-zama’s. Dit is in die selfde omgewing waar ‘n onskuldige jong man en sy meisie nie te lank terug vermoor is nadat hul voertuig sonder brandstof gaan staan het. En dan die forensiese laboratoriums en toetse – daar is baie kundiges (mense en laboratoriums) daar buite wat kan help met die ontledings, maar hulle is seker te wit om aangestel te word en/of hul BBBEEE status is nie aanvaarbaar nie…… of dalk is dit maar net apartheid se skuld.

OW ·

Al hierdie misdaad in SA,ontplof maar net in die gesigte van die ANC wat lankal bewys het dat hulle nie die land kan regeer nie.Apartheid kan nie meer genoem word,waar hulle onbevoeg is om te regeer nie.Die Jong man en meisie wat jy noem is nie in die Krugersdorp omgewing deur zama-zama’s vemoor nie maar in die Oosrand naby Benoni.

Perdeby ·

Die jongman en meisie was in die Oos Rand hierdie is in die Wes Rand.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is derduisende zama zamas. Duisende is deur hul BBBEE werkgewers gedump sonder pensioen uitbetalings. Die kaders is nou doodstil.

Marisa W ·

Nou eers, watter gedeelte van onwetting verstaan die polisie nie?

B-Man ·

Hierdie operasie en die DNS ens. is alles reaktief. Wanneer gaan hulle begin proaktief optree. Vir die ANC is ‘n probleem eers ‘n probleem wanneer dit ‘n probleem is.

domheks ·

Soek maar die verkragters by die kamera span wat se broeke agterbly het…..
Engelse koerante baie meer inligting as maroela.

Maritza ·

Hoekom nou eers? Hoeveel jare is hulle al ‘n probleem en ons wonderlike staat wil nou eers “iets” daaromtrent doen. Pateties

Pietertjie ·

Dit behoort hulle vir die volgende paar dekades besig te hou.

Riaan ·

Biekie laat. Die zama zama ‘s hou die poliste al lankal dop! Hellooooooo!

Republikein in die Wes Kaap ·

100%. En die SANDF en SAPS is magteloos. Het nie eers ammo nie.

Pampoen ·

Hoed soek kalklig. Net soos Lesufi met sy eie kameraspan.

Chris dupreez ·

Ek hoop die polisie phok hierdie skelm myners goed op

Harley Davidson ·

Seb is die grootste probleem huidiglik in Suid afrika daar is baie onafhanklike labretoriums wat dns kan toets en die agterstand kan uitwis maar omrede hulle nie aan seb voldoen nie kan hulle nie aansoek doen vir akkreditering nie.

Vernon ·

Hierdie spul het mos die ANC gehelp in die “struggle”..dis hoekom ANC n blinde oog gegooi het met die instroming. Hulle is lankal gewaarsku…maar nee,nou hap dit hulle in die agterent. Vatso!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie spul het wettig vir die kaders gewerk. Nou werk hulle vir die tweede liga se ondergrondse bedrywighede.

Danie ·

Hulle moes in die polisie se visier gewees het toe daardie twee onskuldige mense op die N12 by Putfontein doodgeskiet is. Jy ry daar helder oor dag dan staan die polisie ook daar dan loop die Zama Zama oor die pad of myn toe of huis toe en niks word gedoen.

JohnnyS ·

Wat van die ander gebiede ? Tussen Benoni en Brakpan het die onwettige myners die openbare pad heeltemal verwoes.

Di ·

Daar is vir JARE NIKS gedoen om hierdie onwettige myners vas te vat nie, hoekom nou? Daar is duisende van hulle hier vir BAIE LANK omrede baie polisielede self aandele het in hierdie storie. Nou dat dat popo die fan strike wil hulle kamstig iets doen, TOO LATE NOW

PieterJ ·

Daai visier is opgeroes en vol spinnerakke, en sal so bly.

SjN ·

Dit is pay back time, kaders beskerm mekàar en deel in die wins.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.