Oos-Kaapse landdros vermoor

(Argieffoto: Hansie Linde)

’n 38-jarige landdros van Mount Ayliff in die Oos-Kaap is Saterdagaand dood nadat ’n onbekende aantal verdagtes op haar gesin se voertuig losgebrand het. Die landdros se man en tienerseun (13) is ook in die skietery beseer, maar hul tienjarige kind is ongedeerd.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het hul 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes op te spoor, en reeds ’n taakspan met speurders aangewys.

Volgens Kinana het die landdros en haar gesin van ’n plaaslike dorp gereis waar hulle die landdros se ma afgelaai het.

“Hulle het in die rigting van Nomlacu, naby Faith Mission Church, gery toe ’n wit Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie verskyn en gemaak het asof hulle die gesin se voertuig wou verbysteek. Onbekende insittendes het toe op die gesin se voertuig losgebrand,” het Kinana gesê.

Die landdros het skietwonde aan haar bolyf opgedoen en aan haar beserings beswyk. Haar man, wat vermoedelik die voertuig bestuur het, is ernstig beseer nadat hy in sy bo- en onderlyf geskiet is. Hy kon egter tot by ’n nabygeleë hospitaal ry om hulp vir hom en sy gesin te kry.

“Die motief vir die aanval is nog onbekend. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en drie sake van poging tot moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rooikoos ·

“Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het hul 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes op te spoor, en reeds ’n taakspan met speurders aangewys”

Maar Johan du Toit is al in 2016 doodgeskiet en daar word nog op die polisie gewag om die moordenaar te arresteer. Go figure.

Nie Verbaas ·

Korrek, 72 Jaar taakspan geaktiveer in sy geval want hy is wit.

E ·

Wel ek dink ten minste is haar man nie ‘n verdagte nie, die polisie kan maar skip om hom te verdink. Jammer vir haar en haar gesin. Ja ongelukkig gaan die regsberoep gepaard met die mees ongure karakters in die samelewing. Die soort mense wat jy nie regtig ooit in jou lewe wil ontmoet nie.

Harley Davidson ·

Sal ‘n sekuriteits maatskappye moet aanstel om die kriminele op te spoor ,die polisie sal nie regkom nie.

Nie Verbaas ·

Tensy die kriminele per ongeluk op dieselfde tyd as die polisie by KFC is.

Laurika ·

Ja jong, en ou Chele was besig om Idols te kyk toe dit gebeur….

Nie Verbaas ·

Kyk net na die sake wat sy hanteer. Sal vinnig agter die kap van die byl kom.

Danie ·

Wraak nou vra ek jou hoe op aarde kan n landdros sy werk sonder vrees doen.Want daar is geen wet en orde meer nie.Bring die doodstraf terug en vinnig ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.