Die plaaslike GPF-raad, polisie, metropolisie, nooddienste en ander organisasies ruk vandag op in die bendegeteisterde noordelike woonbuurte van Port Elizabeth om inwoners aan te spoor om standpunt in te neem teen misdadigers en bendelede in hul midde.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die optog beweeg in ʼn konvooi en gaan aandoen by probleemplekke waar hulle pamflette sal uitdeel en met die gemeenskap oor misdaadprobleme sal gesels.
Sy sê al die sprekers met wie ʼn nasionale TV-nuusspan vanoggend onderhoude gevoer het, was dit eens dat die Baai se noordelike woongebiede net van bendes ontslae kan raak deur die gemeenskap se samewerking.
“Daar moet ʼn kollektiewe spanpoging wees waarin alle belanghebbendes saamwerk om die oortreders aan die kaak te stel, dié wat onskuldige mense doodmaak,” het genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mount Road-polisiegroepering, gesê. “Dis hoogtyd dat ons ons gemeenskappe terugneem, en ons kan, solank ons saamstaan.”
wat help die optogte, bende lede sluit by julle aan en weet in elk geval van alles wat aangaan
kan julle die bende lede uitken,? wys hulle aan die polisie en moenie vergeet van bewyse teen hulle nie
Wanneer kindjie by die huis aankom en sê hy en sy maats het n “gêng” gestig, dan begin mamma beanies en die gêng kkeure brei. Smoor die euwel in die kiem, kleintyd al. Hou optogte teen die kindertoelaag. Dít is die grootste euwel van ons tyd.