Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius sal waarskynlik nie die eerste getuie wees wat namens die verdediging in die getuiebank skuif nie, het sy prokureurs Dinsdag gesê.
Pistorius se verhoor hervat volgende week.
Brian Webber, vir Pistorius, het gesê dit is waarskynlik dat patoloog Jan Botha die eerste getuie sal wees. “Hy [Botha] het persoonlike redes waarom hy eerste wil getuig,” het Webber gesê.
Die atleet word beskuldig van moord met voorbedagte rade nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.
Die staat het verlede Dinsdag sy saak afgesluit. Altesaam 21 persone uit ʼn aanvanklike lys van 107, het getuig. Pistorius se eksmeisie Samantha Taylor, sy vriende en verskeie bure het getuig.
Die verhoor het op 3 Maart in die Pretoriase hooggeregshof begin. Die saak is uitgestel omdat een van die assessore siek is. Die verhoor hervat op 7 April. –SAPA
Volg die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.