Oscar Pistorius-moordverhoor: “Vonnis is onbehoorlik”

Oscar Pistorius word na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem nadat hy op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag van strafbare manslag. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius word na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem nadat hy op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag van strafbare manslag. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Die staat het Dinsdag sy aansoek tot verlof om appèl teen regter Thokozile Masipa se skuldigbevinding en vonnis in die saak teen Oscar Pistorius ingedien.

“Die vyf jaar gevangenisstraf wat die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius opgelê is, is skokkend lig en onbehoorlik,” het staatsaanklaers Gerrie Nel en Andrea Johnson in die hofdokumente gesê. “Daar was nie genoeg klem geplaas op die gruwelike manier waarop die oorledene gesterf het of die grusame beserings wat sy opgedoen het toe die beskuldigde haar doodgeskiet het nie.”

Hulle voer aan enige redelike hof sou nie dié vonnis opgelê het nie.

“Die vonnis is skokkend onbehoorlik vir die beskuldigde wat homself bewapen het, met die doel om te skiet, wat na die badkamer toe geloop het en vier skote afgevuur het, wel wetend dat daar ʼn mens agter die deur was,” lui die aansoek. “Ons sal aanvoer dat die vonnis onvanpas is en skokkend lig vir iemand wat ʼn onskuldige persoon doodgemaak het deur growwe nalatigheid waar sy gedrag grens aan dolus eventualis.”

Masipa het Pistorius op 21 Oktober vyf jaar tronkstraf opgelê op die aanklag van strafbare manslag nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Hy is ʼn verdere drie jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is nadat hy in Januarie 2013 ʼn vuurwapen in ʼn Tasha’s restaurant laat afgaan het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die staat het aangevoer dat Masipa te veel klem geplaas het op Pistorius se persoonlike omstandighede en nie die gevolge van sy dade in ag geneem het nie, en te veel klem geplaas het op die doel van “rehabilitasie en reformasie” ten koste van “vergelding”.

Die aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding van strafbare manslag is gebaseer op “vraagstelling oor die wet”. Die staat het gesê die vraag moet gevra word of die hof die wetlike beginsels wat met omstandigheidsgetuienis verband hou, en die beginsel van dolus eventualis korrek toegepas het.

Klik hier om alle vorige berigte te lees wat met die hofsaak verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
zahn

Baie dankie Gerrie Nel, moenie gaan lê nie, hou aan, jy veg vir almal van ons wat dogters het. Hierdie man het geweet wat hy doen, wat hy op pad is om te doen, en hoe om dit te doen. Hy is mos Oscar, the untouchable..en voor iemand vir my wil kom sê ek mag nie oordeel nie, dink weer, dis presies wat hy gdoen het toe hy geskiet het, hy het die oordeel gevel. Reeva se dood is inderdaad “doelloos eventualis’..

Boesman

Mooi so Gerrie. En sterkte. Ek glo nie dat Oscar genoeg boet vir dit wat hy gedoen het nie.

moegoe

zahn ek stem 100%+ saam. Oscar is vir atletiek SA verlore. Oordeel kom die mens nie toe nie, maar dit sal wenslik wees dat hy sy lewe met jarelange inmates sal deel 25jaar sonder parool voorwaardes – Reeva is vir altyd verlore- die model sal nooit i inkomste aan sy ouers kan gee nie.

moegoe

Oscar het die polisie noodkreet- SKIET OM DOOD TE SKIET geslaag. Ossie jys i crying baby – Cowboys shoot but dont cry – So Ossie watter tipe celeb is jy nou?

martie

Dankie Vader ek is nie ‘n siener nie en die oordeel kom my nie toe nie. God ALLEEN weet wat daai dag gebeur het en hy sal verseker boet as dit sy intensies was om haar te skiet as hy geweet het dit is sy wat agter die deur gestaan het. Reg en regverdigheid sal geskied maar nie deur die mens nie. Jammer mense maar as julle geleer het om in daai warm stoel te gaan sit moes julle dit dalk jare terug gedoen het, ons kan niks vir God wegsteek nie, Hy sien alles en Hy oordeel. Gerrie Nel… Lees meer »