“Hy is Dinsdag aan kanker oorlede. Hy was baie siek en kon nie meer praat nie,” het sy vrou Charmaine Raubenheimer gesê.
Raubenheimer (93) was die minister van waterwese in die kabinet van voormalige president John Vorster in 1976.
Raubenheimer sal Saterdag in Kroonendal, Pretoria ter ruste gelê word.
Hy word oorleef deur sy vrou en vyf dogters. – Sapa