Oud-veiligheidswag gevonnis ná hy geldsak steel

Johan Venter (Foto: Valke)

’n Veiligheidswag wat voorheen by die Fidelity-veiligheidsmaatskappy gewerk het, is tot vyf jaar tronkstraf of ’n boete van R10 000 gevonnis.

Johan Venter (31) is daaraan skuldig bevind dat hy in November 2021 ’n sak met R100 000 van sy werkgewer gesteel het.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het Venter op 20 November verlede jaar 107 sakke kontant van die Fidelity-basis na ’n SBV-depot vervoer, maar slegs 106 sakke is by die depot aangeteken.

’n Interne ondersoek het gevolg en Venter het erken dat hy die geld gevat het. Hy het sy bestuurder na sy private voertuig geneem waar die sak geld gevind is. Venter het reeds ’n bedrag van R2 230 uit die sak gevat. Die saak is by die Valke aangemeld.

Venter is Woensdag in die streekhof in George gevonnis. Hy het gekies om die boete van R10 000 te betaal. Hy is verder onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

annie ·

Dis darem interssant dat mense wat kleiner bedrae verduister vinnig gevonnis word. Gryp groot is skynbaar SA se wagwoord vir dekades se sloer van verhore.

ES ·

Annie, gewonnlik as die beskuldigde skuldig pleit of skuld erken dan is die saak vinnig. As hy onskuldig pleit dan moet die staat met ‘n saak begin en getuienis bymekaar maak om dit aan die hof voor te le.

Nie Verbaas ·

So hoeveel jaar is hulle al besig met Estina saak, Magashule, Malema en Zuma, om net van n paar te praat. Kaders word beskerm.

Lillian ·

Daai bedrag geld is te min om voor in die moeilikheid te kom.

VaalDonkie ·

R100 000 is omtrent twee jaar se salaris vir hom. Ek dink nie dit was reg nie, maar ek verstaan.

ES ·

Die hartseer saak is wanneer jy kyk watter tipe salarisse hierdie mense verdien. Hulle verdien niks geld nie en moet hul lewens elke dag waag. Dis bitter hartseer.

Jammer ou boet, dis baie geld om te betaal maar ‘n straf is ‘n straf.

Suzette ·

Dis waar die arme mense verdien feitlik niks inaggenome hulle tipe werk. Hulle weet nooit of hulle, hulle geliefdes vir die laaste keer groet. Sekuriteit maatskappye kan gerus beter na hulle mense omsien. Dis n skande om te verwag n mens moet jou lewe dag vir dag op die spel plaas vir n salaris waarop jy skaars kan lewe.

Angel ·

die versoeking was groot ja, toe hy dit klaar gedoen het het hy besef dis verkeerd en dit was alreeds te laat , hy seker gedink hulle gaan se baie dankie boeta vir jou eerlikheid maar ons boet jou vir die wat jy gevat het..
R10 000 op pou bors vi jou goeie dade.

Marcello ·

Ek voel net voor ‘n mens oordeel, moet ‘n mens gaan dink, hoe weet ons of hy nie ‘n gesin het, wat hongerly soos baie mense in George, ek sê nie dit is reg nie, maar ‘n mens sal enige iets doen om jou kinders kos te kan gee. Besef die publiek wat se “POOWER” salarisse hierdie mense verdien, wat elke dag hul lewens in gevaar stel vir ons almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.