Mpho David “Thirteen” Nkosi (39) en Remember Siphoro (42) is Donderdag gevonnis na ʼn verhoor van drie dae. Volgens die koerant is dit die kortste verhoor nog in dié hof.
Nkosi en Siphoro is dieselfde dag gevonnis waarop Moepi sy 42ste verjaarsdag sou vier. Moepi is op 18 Oktober verlede jaar in die parkeerterrein van sy kantoor in Houghton, Johannesburg doodgeskiet. Volgens die berig is Siphoro die pa van Moepi se vriendin se kind.
Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het intussen Vrydag ondersoekers geloof dat hulle die moordsaak opgelos het. “As bestuur is ons uiters trots op die goeie werk wat gedoen is en die uitstekende ondersteuning wat ons van lede van die publiek ontvang het. Die span, in die besonder speurder ao. Abie Haynes, het uiters hard gewerk, dag en nag, om diegene te vind wat verantwoordelik was vir die moord op Moepi.”