Oudjuffrou vas oor byna R1 miljoen se bedrog

skool-21.jpeg

Argieffoto

Tasmyn Lynn Dorothy (42), ʼn voormalige Abet (Adult Basic Education and Training)-onderwyseres, het in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op aanklag van byna R1 miljoen.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Dorothy het na bewering tussen Januarie 2010 en Mei 2013, toe sy as ʼn onderwyseres en bestuurder by verskillende onderrigsentrums in Oudtshoorn gewerk het, na bewering spookleerders geregistreer. “Dit het dus gelei tot ʼn verhoging in die werklike getal geregistreerde studente om finansieel voordeel te trek uit die Wes-Kaapse departement van onderwys. Die departement het ʼn verlies van R946 538 gely weens onwettige aktiwiteit.”

Nkwalase het gesê Dorothy is Maandag in hegtenis geneem en sy het dieselfde dag in die hof verskyn. “Die saak is tot 6 September uitgestel. Sy is vrygelaat op borgtog van R2 500.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Finansies in die land is moeilik. Entrepreneuring is noodsaaklik om kop bo water te hou.

Wielspore ·

As sy ‘n wiskunde onderwyser was kon sy dalk weg gekom het, toe maak sy ‘n berekeningsfout!

Piet Le Roux ·

Maar het sy haarself verryk…of het sy maar net meer geld vir haar skool bekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.