Oudprof van NWU se kinders, broer ook vas vir bedrog

Hoofgebou-potchefstroomkampus1

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas/NWU.

ʼn Oudprofessor van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat reeds in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog by die universiteit se drie kinders en broer het Woensdag hulself aan die polisie oorgegee.

Oudprof. Nolutho Diko (58) se kinders, Bafo Sinayo Diko (29), Nqophisa Diko (35) en Nomakade Diko (39), en haar broer, Siyabulela Ndengane (48), is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, spruit dié inhegtenisnemings uit ʼn ondersoek van beweerde bedrog by die NWU waarby Diko betrokke is. Die universiteit is na uit raming R438 302 bedrieg.

“Volgens berigte het Diko tussen Mei 2016 en April 2017 glo finansiële eise by die universiteit ingedien onder die naam van haar maatskappy Fabued College Co-Operative Limited, glo namens eksterne konsultante en ander diensverskaffers wat na bewering dienste aan die universiteit gelewer het. Deur ondersoeke is ontdek dat daardie diensverskaffers nooit enige dienste gelewer het nie,” sê Rikhotso.

Diko het op 26 September verlede jaar in die landdroshof in Mmabatho verskyn waar sy op waarskuwing vrygelaat is.

Drie van Diko se kinders en haar broer, wat mede-direkteure van die maatskappy is, het ook Woensdag in dieselfde hof verskyn. Hulle staan tereg op 12 aanklagte van bedrog en 11 aanklagte van geldwassery.

Al die beskuldigdes sal na verwagting weer op 15 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gert ·

As die prof in hegtenis geneem is omdat sy gesê het dat sy dienste gelewer het en dit nie gedoen het nie en betaal is daarvoor, wanneer word die regering in hegtenis geneem omdat hulle ook sê dat hulle dienste lewer en dit nie doen nie en met massas geld wegloop.

Di ·

Bedrog van R438 302 maar op waarskuwing vrygelaat! Hoe op dees aarde kry hierdie mense dit reg om so weg te kom met bedrog? Was dit ‘n gewone landsburger, was jy nou agter tralies tot die saak voorkom

Nicolaas ·

Die prof is beslis n groot vriend van zuma. Baie by hom geleer lieg

Cherokee ·

Diline, ek wonder dikwels oor taalgebruik. Ek sou byvoorbeeld van jou wou hoor waarom ‘n professor by ‘n universiteit, (veral ‘n bevraagtekende een) nie ‘n gewone landsburger is nie.

melaney ·

Of jy ryk is, of ‘n Professor is, indien jy respek wil hë, moet jy dit verdien.

DD ·

Niks te doen met ryk of arm, maar met ‘n gebrek aan integriteit, want ek is van mening diesulkes word skelm gebore en jy sal dit nooit uit hul DNA kry nie.

Kokerboom ·

Dis nie ‘n geval van respek maar gierigheid en gebrek aan integriteit! Wonderlike voorbeeld vir sy studente!!

annie ·

Seker ‘n fout soos by Eskom. Regstellende aksie beteken al die leuens oor die ANC-kaders wat so rondgeslinger word moet reggestel word.

gatgogga ·

O, is 15 Junie die datum waarop die saak weer verder uitgestel gaan word?

Theresa ·

Dit is n gegewe feit, n bevrydingsparty kan nié n land regeer nie…

Goldy ·

Ons was gewaarsku deur die wyse mense maar was te verlig om hulle te geglo het. Dis wat kom van transformasie, en ons moet dit besef en daarom nie toelaat nie, of ophou kla waarom ons arm word.

Andries ·

Voor ek die berig begin lees het, het ek gewonder wat is die prof. se van….. Ek was nie terleurgesteld in my voorspelling nie.

My siening ·

En so bring die benadeeldes die universiteit in skande, gierigheid!

Althes ·

Agv ondeurdagte SEB aanstellings kry elke instelling ñ klad op sy naam.

domheks ·

Mooi so cANCer julle vorder goed! Sal hulle die ou geldjies moet terug betaal? Seker nie. Hulle beurt by die trog.

Alexander ·

Aag net R400k hul is maar klein diewe in vergelyking met ander bekende diewe in ons land :D

Marcello ·

Dit is hoe diversiteeit lyk. !!!!!!!!!! Asook Rasseteikens wat ingestel word.

Jr ·

Hoe mimder gesê oor hierdie voorheen top institusie wat nou verval het onder swart beheer hoe beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.