Pa en dogter op plaas aangeval

Argieffoto: SAPD

Die Gautengse polisie is op die spoor van vyf verdagtes nadat ʼn man en sy tienerdogter Maandagoggend op pad skool toe op hul plaas buite Fochville aangeval is.

Die tienermeisie is tydens die aanval verkrag.

AO Peter Masooa, woordvoerder van die polisie, het gesê die pa (55) en sy 17-jarige dogter wou tussen 05:20 en 05:30 ry om die meisie by die skool te gaan aflaai toe hulle deur vyf mans buite die plaashuis oorval word.

Die verdagtes het die pa en dogter terug in die huis gedwing waarna die pa met ʼn voorwerp oor sy kop geslaan is. Die dogter is daarna elders in die huis verkrag voordat die aanvallers met die pa se silwer Ford Ranger en vuurwapens op die vlug geslaan het.

Masooa het gesê dit is nie in die stadium duidelik of die aanvallers tydens die voorval gewapen was nie.

Die slagoffers is na ʼn hospitaal vir mediese behandeling geneem. Luidens inligting wat deur Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, aan Maroela Media verskaf is, het die pa kopbeserings tydens die voorval opgedoen waarvoor hy steke ontvang het. Dit is nie duidelik watter beserings die tiener tydens die voorval opgedoen het nie.

Volgens Masooa is die gesteelde voertuig later in die Senzele- informele nedersetting opgespoor. Daar was egter geen teken van die verdagtes nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, poging tot moord en verkragting.

Solly Msimanga, DA-koukusleier in Gauteng, het in ʼn verklaring sy skok en kommer oor die aanval uitgespreek. Die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro het gesê dit is kommerwekkend dat die polisie weier om die betrokke misdaad as ’n plaasaanval te kategoriseer.

“Die DA dring al jare lank daarop aan dat landelike veiligheidseenhede op die been gebring moet word om aandag te gee aan die ongekende aantal aanvalle op inwoners van plase, kleinhoewes en in plattelandse gebiede,” het Msimanga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Thinus ·

Hoekom word daar nooit op die aanvallers geskiet of verdedig die mense hulself nie? By elke aanval word mense aangerand, gemartel, verkrag en geskiet, maar niemand skiet terug nie. Waarvoor is die mense bang? Jy het die reg om jouself te beskerm, hoekom nie daardie reg gebruik nie? Dis hoekom plaasaanvalle voortduur en toeneem, want daar is geen teenstand nie. Skiet eerste…

Disnetek ·

Wanneer jy jouself beskerm is jy die skuldige en die een wat vervolg en gestraf word. Ons mag onsself nie beskerm nie omdat die krimineel altyd voordeel daaruit trek. As boere terug baklei is hulle in die sop. Dit gaan my verstand te bowe om te dink dat iemand so wreed kan wees om ander seer te maak en geen verantwoordelikheid daarvoor vat nie. Daardie meisie gaan nooit weer dieselfde wees nie die verkragter en sy maatjies moet eintlik die doodstraf kry wat wel nie meer gebeur hier nie. Here help asb hierdie mense dit is hart verskeurend om elke dag so iets te moet lees en niks daaraan te kan doen nie. Dit is ‘n kind wat verkrag is en n pa wat aangerand is met die doel om hom dood te maak. My hart is so seer vir families wat deur so iets moet gaan en gesinne waar die pa/man alles probeer om dinge te verhoed.

Niel ·

kort antwoord: vuurwapen lisensie regulasies, self te verdedig word op die end as moord gesien en die misdadigers word te lig gestraf of, self vrygelaat :( dis ‘n boggerop. Vraag wat mens moet vra: watter politieke party beywer hom tans dat die wette nie so streng toegepas moet word op bv vuurwapens, en die reg om jouself te kan verdedig. Ek weet VF+ doen goeie werk, maar weet nie so mooi van bv DA nie rondom hierdie tipe van kwessies van vuurwapen regulasies, boerekommandos etc.. (ongelukkig stem die mense nie vir VF nie kamstig oor dit ‘n klein party is… )

Vreeslik ·

Dis makliker gese as gedaan. Daar is meestal 4 of 5 aanvallers. Jy kyk in een rigting en word dan uit n ander aangeval. Dis n skande dat jy eers by jou vensters moet uitkyk of dit veilig is om buiten toe te gaan. Jou erf/plaas is nie veronderstel om soos n oorlog zone ge hanteer te word nie. Die staat beter gou die inwoners beskerm anders gaan elke betekenisvolle burger die land verlaat

Joubert ·

Thinus die probleem is nie dat mense bang is om hulself te verdedig nie. Die probleem is jy word onkant betrap! Geen mens kan altyd 100% reg wees vir ‘n lokval wat vooraf beplan en ingewag word nie. Jy’s net gelukkig as jy dit kon voorsien en betyds kon reageer.

Die vraag is baie eerder wat is die motiewe vir hierdie geweldsmisdade teen spesifiek wit boere, en hoekom lyk dit so ge-organiseerd? Ons word stadig maar seker uitgemoor in ons eie land, en ons sit en kyk hoe dit gebeur.

Jan ·

Stem mense moet hul wapens dra, maar ongelukkig bekruip hulle jou en daar is nie veel wat jy kan doen as hulle eers ‘n loop van agter teen jou kop druk nie. Daai lafharte kry jou op jou swakste oomlik, geen enkele persoon is 24/7 paraat. Selfs met al die sekuriteit , kameras ens gaan hulle jou erens uithaal. Mens kan net jou bes doen, wapens dra, sorg vir sekuriteit wat jy kan bekostig en by buurtwag ens inskakel. Kommando stelsel sou gewerk het, beproef vir meer as 200 jaar om …uit te hou, maar regering sal dit nooit toelaat nie

bambi ·

Uhhhh want as 4 op jou afstorm met wapens….is jy n sitting target!! jy klink braaf…maar wag tot dit met jou gebeur!! nie so maklik

Doempie ·

Thinus as dit 5 @. 2 is met die verrassingselement is jou kans vir terugveg min. As hulle ñ wapen teen jou geliefde se keel hou, veg jy nie.

Anja ·

Asb VF druk nou vir selfbeskikking anders gaan ons almal deurloop onder sulke wrede aanvallers.

susan ·

Geen politieke party het nog iets vir plaas eienaars of bewoners gedoen of beteken nie. Hulle ry duur motors en hou gerielike vakansies PUNT

SVL ·

Plaas aanvalle is nou al oor en oor bewys , dat dit wel bestaan. FEIT
Is die verkragting nou die nuwe obsessie om ons meisies en vrouens te breek?
Skiet die aanvallers. Hou julle vuurwapens dag en nag aan jou. Beveilig jou en jou gesin.

Genieve ·

Wat gaan aan in ons land???? dis kommerwekkend waar is die buurtwagte kan daar nie mense wees wat heeldag op plase kan wees nie.

Estelle ·

“Dit is nie duidelik watter beserings die tiener tydens die voorval opgedoen het nie.” Daar is geen woorde om te verduidelik om weer te gee watter beserings, fisies en emosioneel, hierdie tiener opgedoen het nie. Verkragting is die een daad wat deur eeue heen gebruik is om mense te breek. My hart breek vir haar en haar Pa. Die verwyte in sy kop oor wat hy kon gedoen het, wat hy sou wou gedoen het om haar hierdie besering te kon verhoed gaan hom vir ewig pla al is die realiteit dat hy niks kon doen om dit te keer nie. My innige simpatie en liefde aan hierdie twee mense en ek hoop dat albei die nodige ondersteuning sal ontvang om deur hierdie ervaring te kom. Die aanval op weerlose mense is berekend en tref hard.

Annette ·

Ek stem so saam met jou Estelle. Mag ons Hemelse Vader fisiese en emosionele genesing vir dogter en pa skenk.

Sam ·

Watter beserings sy opgedoen het?!

‘n Ewige letsel wat nie met steke of snitte verbeter kan word nie …

‘n Letsel wat haar vrouwees gaan aantas en sy saam met haar graf toe gaan dra …

‘n Letsel wat nie die vleesmens nie, maar die geesmens aantas … tot in haar innerlike siel indring …

Mag haar liefde vir ons Vader groot genoeg wees om troos te bring, saamdra aan ‘n swaar kruis. Sy is nog maar brose kind!! In my hart en gedagtes …

Lynette schultz ·

Sam. Jou woorde is 100% korrek! En ek moet byvoeg – DAAR IS NOG DUISENDE SULKE GEVALLE. Mag ond God ons help! Daar is geen ander hulp nie.

Elna ·

Dis omdat ons menslike regte van ons ontneem word deur die regering se dubbel standaarde deur die anc
Hierdie is n oorlog. Dit gebeur nou al hoe meer en meer en elke liewe dag. Wanneer gaan ons minderheids volkie op staan en saam staan teen die aanvallers? Ons weet almal wie agter al die plaasmoorde en plaasaanvalle sit. Dit het tyd geword om stil te bly en net te doen wat aan ons gedoen word want so gaan ons een vir een uitgemoor word daagliks en hulle gaan weg kom daarmee. Dis tyd dat ons iets daaraan doen.” Silent but surely”

treurgrond ·

Agge nee man hoekom hoekom moet die dogter verkrag word hoekom man ? My hart is sommer net stukkend. My Vader ek vra asseblief dat die doodstraf terug moet kom asseblief my Vader. Amen

Nettie ·

Die DA “dring al jare lank daarop aan dat landelike veiligheidseenhede op die been gebring word” ………………………… Toe, DA, julle is offisieël die opposisie-party in die land, DOEN ‘N SLAG IETS!!!

BRING DIE OU KOMMANDO-STELSEL TERUG EN MISDAAD SAL MET RASSE SKREDE AFNEEM, sê ek.

Henk ·

wow hoe lank nog voordat die staat iets begin doen. dis n dam free for all as dit by plaas mense kom. Ergste is niks word daaromtrent gedoen nie, Ons kan maar ons woede hier neersit, wie lees dit, nie die useless ANC nie, Ja ek stem100% saam, selfbeskiking is die andwoord.

Willehond ·

Ons boere mense het doodeenvoudig nog nie genoeg gebloei nie! Maar dit kom. Ek gaan nie eers toilet toe sonder my wapen nie. En ja, hulle kan my toesluit maar hulle sal nie weer terugkom nie en ook nie tronk toe gaan nie. Jy kan nie n lyk toesluit nie!

Koos ·

Jy het die reg om jou en famielie tebeskerm skiet hom net van voor af en doen dit voor hy by jou of jou mense is om hulle leet aan tedoen

JK ·

So sad dat ons mense so moet leef – met vrees in ons ten alle tye

Al ·

Niks anders as haatmisdade hierdie aanvalle en moorde. Hoe lank gaan daar nog anderpad gekyk vir hierdie gruwelmisdade?

Japie ·

My skoonma is vermoor in 2000. Van daardie dag af dra ek en my vrou ons wapens by ons. Ons oefen gereeld en was aangeval en ek het 2 aanvallers dood geskiet en 3 gewond. 2 is verlam en een het sy regter arm verloor. Ons was ongedeerd. Ek is aangekla van moord en strafbare manslag. Ek het nie eens n prokureur gekry nie. Ons wapens was vir 4 maande by die SAPD en ons moes met haelgewere regkom. Niks het van die saak gekom nie. Ons is te alle tye gewapen en is na 10 jaar nog nie weer gepla nie. My raad is altyd om eers te skiet en dan vrae te vra. Die gemeenskap veral uit swart gebiede loof my vandag nog daar oor en is baie lief vir ons. Tog bly ons paraat en reg. Dit is jou reg om jou en jou mense te verdedig. Die man sal homself net so verwyt soos ek na my skoonma se dood. Ek was nie toe paraat nie. Dra jou wapen altyd. Jy raak dit gou gewond. Skiet gereeld en bly goed ge oefen.

GP ·

Dankie Japie jy is ‘n voorbeeld vir ons almal. Beskerm jouself en jou geliefdes. Bekommer later of daar probleme sal wees. Al is daar probleme later sal ek steeds skiet as nodig. Mense praat ook uit onkunde as hul se die misdadiger het meer regte en jy mag nie skiet nie agv van vervolging. Bly jy kon julle aanval afweer.

Netso ·

Dis wat skok aan jou doen en mag ek vra of julle wel so paraat sou wees indien 2000 se trauma dalk julle lewe later gered het. Ek het geen woorde vir hierdie mense se elende en tyd maak dit nie beter nie. Net om een rustige nag te hê as Suid Afrikaner is al meer as goud werd!

Pieter ·

Japie,
Jy is ‘n man uit een stuk waarop elke boer trots kan wess. Baie dankie vir jou uitstekende voorbeeld, ek hoop baie lees jou kommentaar en leer daaruit want ons het baie baie baie meer Japies nodig

@Bollabek ·

Ek is so jammer maar mense is eenvoudig nie oplettend en waaksaam nie. Ek ook nie. Hoeveel keer let ek self nie op na my omgewing nie. Ons leef met die idee dit sal nie met my gebeur nie. En ek glo as enigiemand paraat is en sy wapen saam dra sal hy verdedig en skiet. Meeste mense se wapens le net iewers of is toegesluit in die kluis.

Johan ·

Ons moet besef dat ons tans in ‘n lae intensiteit oorlog gewikkel is teen moorddadige rower bendes. Mens moet deesdae eers die terrein gewapend bespied voordat jy êrens heen beweeg. Al is dit net tussen jou huis en motor

lizzi ·

Ek het ‘n 17 jarige ……… NEE dis ondenkbaar, daardie jong meisie.

Gaitsigubib ·

Daar word n kind se lewe verwoes en n pa sal sukkel met vrae tot aan die einde van sy lewe. Ek dink aan julle.

Jacques die Goodwoodianer ·

Mag die Here se seën oor ons wees en mag reg en geregtigheid geskied. Mag Sy koninkryk kom en Sy wil geskied.

Onthou, ons word getoets in hierdie donker tye. Ons gaan deur troebelwaters en die ergste is nog nie verby.

Hierdie is God se Land, ons is Sy volk. Die goddeloses sal nie vir ewig regeer nie.

Johan ·

Daar moet na die plaaswerkers gekyk word. Hulle was betrokke. Alle plaas aanvalle het hulle n aandeel aan sowel as die eff. Tyd dat DA en VF+ ophou kommer en skok oor plaas anvalle uitspreek en die anc, eff & blf begin hof toe sleep vir hulle aandele aan die gruweldade.

Inge ·

Ek kry die jong dame so jammer. Watter angs sy moes beleef het, dit is ondenkbaar. Sy is geskend vir die res van haar lewe. Mag die aanvallers gevang word en dieselfde met hulle gebeur in die tronk.

DS ·

Thinus was jy al so situasi? . As jy onverwags deur 2 of 3 aanvallers aangeval word wat gewapen is wat is jou kans om jouself te verdedig? Jy skrik en probeer dan om te oorleef en so min moontlik leed aangedoen te word. Is jy wel “Rambo” en pluk jou wapen uit skiet hulle jou eenvoudig dood, doen wat hulle gekom het om te doen en vat jou wapen om die volgende misdaad mee te gaan pleeg. Jy loop definitief NIE met jou wapen in jou hand reg om links en regs te skiet nie.

Francois ·

Jo-jo-jo hierdie slaan baie seer in my borskas! My hart bloei vir daai kind en haar pa! Buiten die emosionele letsels wat sy nou saam moet bagasie die res van haar lewe, gaan die pa ook erg ly vorentoe met die wete en veral skuld-gevoel dat hy nie sy kind kon beskerm nie…
Ek is ook n alleenouer met ook n dogter van 17 en ons ry ook elke oggend net na 6:00 am van die plot af dorp toe en ek klim ook uit om die hek oop en toe te maak.
Alhoewel ons nie (nog nie?) diekant van die draad soos julle moet lewe nie, het die artikkel my hard wakker geskud, ek sal maar net eenvouding my vuurwapen op myself he as ek hekke oop en toemaak voor daglig en na son-onder!
Ek bid vir jou meisikind, en vir jou pa….

Leser ·

Liewe dogter en pa.
Ek dink so aan julle. Mens kan jou nie indink waardeur julle moet gaan nie.
Hou vas aan die Gees want dit sal julle deurdra.
Die vlees kan weer herstel.
Alles sal weer regkom met tyd.
Gee net tyd……
Dink aan julle en onthou duisendes dink aan julle al ken ons julle nie.

Doodskoot ·

Moet net nie n ou in n kis druk nie , dan kry jy 23 jaar! Moord en verkragting is klein oortredings in Afrika. Rassisme is mos erger as moord of verkragting.

JN ·

Skrikwekkend en vreesaanjaend. Verby wat woorde eers kan begin beskryf – ‘n totale nagmerrie sonder einde. Soveel hartseer en pyn en soveel drome aan skerwe. Hoe staan jy op, hoe kry jy die drogbeelde uit jou kop. Ek is so bitter jammer – my hart is stukkend vir julle.

Tina du Toit ·

@Thinus, glo my, mens skrik jou buite weste as hulle jou onverwags betrap. As jy hulle eerste gewaar en kalm bly is dit `n plus punt en stem ek saam met Koos, skiet hom van voor en maak seker jy skiet dood, want dis jy, jou familie of hy. Ek dank die Here elke dag dat hy my daai kalmte gegee het om my hele gesin se lewe te gered het , want gewoontlik as ek skrik, kan ek niks helder dink nie. Ek voel baie jammer vir die pa en die dogter. Dit gaan `n lang pad wees na herstel. Stertke

Erick ·

Ag nee. My hart is seer. Ek ken drie families wat hulle wapens oor die laaste 7 jaar by die polisie gaan inhandig het. Kan jy dit oorvertel! Ons is soos ‘n klomp hoenders in ‘n n hok, met jakkalse wat in en uit beweeg soos hulle wil want niemand kan die hek toemaak nie.

Hennie ·

Wat hier gebeur het is ‘n tragedie, die familie se lewens is verwoes en verander!

Ongelukkig ook is hier persone wat stellings maak totaal onwaar en onkundig is. Jy het die reg tot lewe en om jouself te beskerm, die om jou ook. Jy het die reg om ‘n wapen te besit en om daardie wapen te gebruik.

As dit jou dogter of vrou was wat sou beter wees om toe te laat of sy verkrag word of om die boos doener ui te wis? Watter gevolge is beter as daar enigsins is? Die staat moet kan bewys jou of jou familie se lewe was nie in gevaar nie en hulle kan nie.

As jy ‘n vuurwapen het hoort hy nie in jou kluis nie, hy hoort by jou 24×7. Jy kan die regte opleiding kry om daardie wapen reg te hanteer en reg te wees vir sulke situasies. Dit het niks met Rambo te doen nie, dit gaan oor paraat en veilig wees.

Antoon ·

In 99% van die gevalle word die man (en tienerseuns) vermoor en die vrou (en tienerdogters) verkrag. Hierdie is oorlog – fisies, psigies, emosioneel, kognitief…

Hennie ·

Dit help nie ons hardloop weg nie my vriend want dit is hoekom ons wittes al hoe minder en minder raak en die ander al meer en meer word . Jy kan nie n boom verplant wat wortel geskied het nie sy blare verwelk baie vinnig en nuwe blare vat lank om weer uit te kom . Die enigste om in hierdie land te oorleef is om op ons knieë te wees ,paraat te wees en nie toelaat dat die ander se lafhartige optrede ons van stryk af bring nie . Kyk rond voordat jy iets doen al is dit net om jou voordeur te sluit ,wees altyd bewus van jou omgewing en die geringste verandering neem daarvan kennis en wees versigtig en gereed

Koffir ·

Hierdie is my grootste vrees, dat ek nie my vrou en dogters sal kan beskerm nie. Daarom het ek alles opgegee en verhuis na Australie. Dit was nie maklik nie en sal seker nooit weer finansieel herstel nie, maar dit is beter as om trok toe te gaan want as so iets gebeur sal ek van my kop af wees….Ek dra vir al jou die Pa op in my gebede om die ding te verwerk in kalmte, asook baie sterkte aan die dogter, my hart is seer vir julle altwee. Ek wens dit was anders….

Denise ·

Soos ons nou hier vra hoekom waarom het die skurke alreeds weer iemand vermoor , verkrag , weldadig aangerand hulle saai net verwoesting op onskuldigge mense elke dag en niemand knip n oog nie en so gan hulle net aan en aan ?????

Lynette schultz ·

Plaasmoord (Lynette Schultz – Mei 2019)

Die sterre het hul gille gehoor wyl duisternis hul smeking smoor met ‘n skoot, maar nié voor die haatgedrewe hand hom sluit om ketel;
en die yster stryk wat liggaam en die siel verniel met brand en breek en sny en steek.

O God! Hoor U kinders snak en roep!
Sal Ú kom wreek die pyn en bloed?
Sal Ú verbind die hart van kind wat agterbly
met duisend vrae en met U stry?….

Grond? Is dit werd dié wond?
Bloed die prys vir eters se spys,
dieselfde bloed wat boosheid voed
wyl hul smaal in ‘n taal van haat en kwaad en hul boosheid in geweld uitwoed!

Die sterre hou wag oor die witkruis-land – teken van élke plaas se pand met pyn en bloed en dood betaal,
altyd dieselfde smartverhaal.
Oor eeue heen soek ons U seën. Sal U, o God, ons bede hoor – die bloed wat roep van duisend Abels – wreed deurboor!

Cherokee ·

Soos Erick ook sê, Lynette, dit is ‘n gedig wat diep weerklink.

Deon Koegelenberg ·

Dit verbaas my dat dat die DA burgermeester nou sê dat hulle nog altyd gevra het vir landelike veiligheid vir die boere ek luister na baie van hul toesprake vernaamlik die van hul leier mr Maimane en nog nooit was daar iets gesê oor die feit dat dat so baie aanvalle op boere se plase en moorde en wat ook al daarmee gepaard gaan plaasvind of dat die DA beswaar maak daatrteen of dat hy as n leier al ooit so n plaas of boer besoek het nie . Of teenoor een van hulle sy spyt of medelye uitgespreek het nie. Het hul nou te laat agter gekom dat meeste stemme wat hul in verkiesing verloor het van die wit mense na die Volksfront plus oorgegaan het omdat die Volksfront plus hul simpatie en medelye by die boere gemeenskap uitspreek en vir die boere in die bres tree.

PJC ·

As ń pa en oupa maak dit dat ń mens net al hoe meer haat as jy lees van die verkragting. Dit is die ergste wat jy enige vrou kan aandoen want hulle dra die geestelike letsel vir die res van hul lewens wat gevolglik ook ń negatiewe invloed op hul gesinne het. Ek word liewer vir moord aangekla voordat ek iemand toelaat om dit aan ń gesinslid van my te doen.

Boerin ·

Ag dis net verskriklik ! Here help ons..die een berig na die ander wreder as die vorige..dis hoe dit gaan, alles okay solank dit wittes is, dan hoor jy niks vd regering nie !
Ek dra my pistool in my voorskoot se sak…en ek kan nie wag om hom te gebruik nie! Glo my ek sal nie alleen afgaan nie ! Dis tyd vir ons om saam testaan en n optog hou na die Presidensie..n Genoeg is Genoeg !!!

Leser ·

Liewe dogter en pa.
Ek dink so aan julle. Mens kan jou nie indink waardeur julle moet gaan nie.
Hou vas aan die Gees want dit sal julle deurdra.
Die vlees kan weer herstel.
Alles sal weer regkom met tyd.
Gee net tyd……
Dink aan julle en onthou duisendes dink aan julle al ken ons julle nie.

Waarheid ·

Moenie se hulle lewens is verwoes nie.
Dit laat nog letsels.
Se eerder staan weer op. Die gees is nie geknak nie.
Staan op .Kop omhoog.
Druk mekaar styf vas en word saam gesond.
Julle KAN dit doen want Liewe Jesus is by julle.
Ons is ook by julle en bid vir julle.
Duisende van ons.

$ ·

Dankie @Waarheid; daar is soveel krag in woorde en mense besef dit nie.

Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom – ook emosioneel.

´n Geknakte riet sal Hy nie afbreek nie; ´n lamppit wat rook, nie uitdoof nie.

U help my om weer my kop op te tel; U gee my nuwe moed.

Von ·

Waarheid……Ja kom ons bid lewe vir die slagoffers….hoe swaar dit ookal is ….die Here genees die wonde…….Amen

Michelle ·

My hart gaan uit na die pa en dogter. Cele kan ons nou wys wat sit in die polisie mag dat die vyf verdagtes weg kan kom hy het gesê geen steen sal onaangeraak gelos word om die skuldiges te vang nie ek vertrou hy sal ons bewys in die geval asook verdere soortgelyke gevalle wat maak ‘n mense lewe anders as jy in uniform is sal hy die hele mag stuur maar as jy as belasting betalers sorg vir sy veiligheid sal die saak maar net ondersoek word. Nee Cele stuur jou beste ouens en kry die verkragters en moordenaars en kriminele van ons strate af dit is ons reg.

Amen ·

RERIG, dankie vir ‘n stukkie waarheid.
Groete in Yahshua
Mede-Israeliet

Dina ·

Sulke berigte laat mens wonder of die tyd nie lankal aangebreek het om terug te begin veg nie? Hoë lank moet ons dit nog verduur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.