Pa en kinders van ma se grumoord verdink

(Foto: Shutterstock)

Charity Ntla (61), pa van Buhle Mnyamezeli (24) en haar broer, Tumelo Mnyamezeli (26), het hul aansoek om borgtog in die Sebokeng-landdroshof in Gauteng laat vaar. Hulle staan tereg op aanklag van die moord op Phumeza Mnyamezeli (42), die ma van die twee kinders.

Hulle staan ook tereg op aanklag van die skending van ʼn liggaam.

“Die vier persone was op 10 Julie 2023 by hul huis in Beverly Hills, Evaton glo besig met ʼn godsdienstige ritueel om van demoniese magte uit die huis ontslae te raak,” sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). “Tydens die ritueel het die drie beskuldigdes begin om Phumeza aan te rand en haar met ʼn skerp voorwerp te steek. Ná haar afsterwe het hulle haar liggaam geskend.”

Terwyl die twee kinders besig was om hul ma se liggaam op te sny, het Ntla na die polisiestasie gehardloop om die voorval aan te meld.

“Die polisie het by die toneel opgedaag terwyl die broer en suster nog besig was om die liggaam te skend. Al drie persone is in hegtenis geneem. Hulle bly in aanhouding.”

Die saak is tot 1 September 2023 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Doompie Daan ·

Ons lewe in en word al hoe meer deel van ‘n totaal wan funksionerende Ruwe SA. Wanneer sal ons Skepper tog ingryp en ‘n einde aan al hierdie gekkernye en ongebreidelde vorms van haat teweeg bring?

Amelia ·

Ai die our people wat ritueele beoefen en voorvadergeeste aanbid is seker hoekom dit gaan soos dit gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.