Pa sterf toe geldwa rol

(Argieffoto ter illustrasie: Hansie Linde)

’n 44-jarige man is Vrydagmiddag naby Carnival City in Brakpan dood toe ’n transitovoertuig bo-oor sy motor gerol het. ʼn Mislukte poging tot ʼn transitorooftog het glo tot die ongeluk gelei.

Die man se vrou en kinders was saam met hom in die motor en is tydens die voorval beseer. Dit is egter nie duidelik hoeveel kinders in die motor was of wat die aard van hul beserings is nie. Die insittendes se name en ouderdomme is ook nie bekend nie. Volgens die polisie het die veiligheidswagte in die vragmotor ook seergekry.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die transitovoertuig het gerol nadat dit van agter deur ’n Mercedes-Benz gestamp is. Die insittendes wou dié voertuig glo beroof.

Die polisie is nou op soek na ’n onbekende aantal verdagtes, terwyl sake van strafbare manslag en ’n poging tot ’n transitorooftog ondersoek word.

“Die G4S-kontantvragmotor het in Van Dykstraat gery toe dit na bewering van agter deur ’n Mercedes-Benz-sedan gestamp is. Die vragmotor het daarna oor ’n private voertuig gerol.

“Veiligheidswagte is ook tydens die voorval beseer en na ’n hospitaal geneem vir behandeling. Geen geld of vuurwapens is gesteel nie. Twee patrone is wel op die toneel gevind,” sê Netshiunda.

Volgens die polisie het die verdagtes glo in die Mercedes-Benz asook ’n Audi en ’n Volkswagen Golf gereis.

“Die Mercedez-Benz is op die toneel agtergelaat en voorlopige ondersoeke het onthul dat die motor in Desember verlede jaar as gesteel aangemeld is.”

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting by hul naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ivan ·

Solank as wat daar nie behoorlike strawwe is nie, solank sal die wetteloosheid seevier.

Stephen ·

Advice to CIT companies. Move cash in a bombed out old bakkie or car which you change frequently. Your fancy CIT vehicles draw attention.
A well known Diamond dealer in JNB walks around with takkies and shorts with a t shirt. He may carry diamonds worth 2-3 million in his pocket at any given time.
He has never been robbed.

ROELOF ·

Sê ek ook al lankal. Hierdie vertoon in n vervalle en wettelose Afrika land is net om kriminele te voed.

christo ·

When people believe you are a real ‘armgat’ they leave you alone. Being flashy in SA is a trouble magnet.

Cherokee ·

Strafbare manslag? Vir ‘n leek betreffende die wet, klink dit na moord, want hulle het geweet wat die gevolge kan wees.

JM ·

Ons land het ‘n misdaadhool geword en dit word daagliks erger. Wet en orde is by die agterdeur uit.

Di ·

Kriminele het die land “gekaap” Instede om elke dag COVID verslae aan te meld, moet die korrupte regering eerder daagliks die aantal misdade wat plaasgevind het publiseer!

melW ·

En waarom is ons nie verbaas nie? Ons land brand en dit gaan erger word.

Kokerboom ·

Soos met SAPS is daar GEEN plan met intransito vervoeraksies. Hul is ‘n gevaar vir gemeenskap soos nou weer tragies bewys!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.