Pa, stiefma vas ná dood van agtjarige

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Frederic J Brown/AFP)

ʼn Mosambiekse egpaar is Woensdag by Mogaung in die Sekhukhune-distrik in Limpopo in hegtenis geneem ná die dood van ʼn agtjarige meisie.

Die kind het by haar stiefma (31) en biologiese pa (35) gewoon.

Volgens die polisie het ander inwoners mettertyd bewus geword van die beweerde mishandeling waaraan die kind onderwerp is.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ná ʼn ernstige voorval (van beweerde mishandeling) het ʼn “barmhartige samaritaan” die familie Woensdag genader om navraag te doen en daar is vasgestel dat die meisie ernstig beseer is nadat sy aangerand is.

“Lede van die gemeenskap het mediese hulp ingeroep en die kind is met ʼn ambulans na die naaste hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het.”

Die egpaar is in hegtenis geneem en die man en vrou staan albei tereg op ʼn aanklag van moord en oortredings van die Immigrasiewet.

Die twee sal na verwagting Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vanessa ·

Ag liewe hemel, ek kry altyd trane in my oë as ek so berig lees. Die arme kind!!! Waar was die biologiese mammie, niemand was daar om tot haar redding te kom tot dit te laat was. Waarom gebeur sulke dinge.

Marcello ·

Ek stem 100% saam, want om ‘n kind, ‘n bejaarde of dier te mishandel is siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.