Pa wat glo seuns keelaf sny, vra borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy al vier sy seuns se kele afgesny het, het Donderdag tydens sy hofverskyning aangedui dat hy onskuldig sal pleit.

Kekana het by monde van sy regsverteenwoordiger, Moraka Rameetse, gesê hy is van mening dat die staat se saak swak is en slegs staatmaak op die bekentenis wat hy gemaak het kort nadat hy in hegtenis geneem is. Kekana het by die hof gepleit om hom op borgtog vry te laat.

Kekana het verskeie redes aangevoer waarom hy op borgtog vrygelaat moet word. Hy het onder meer gesê hy moet na sy huis omsien aangesien hy glo in kennis gestel is dat sy huis gevandaliseer is terwyl hy in aanhouding was.

Die borgtogaansoek is tot 29 Oktober uitgestel. Kekana staan tereg op vier aanklagte van moord op onderskeidelik Bokang Kekana (13), Keneilwe Kekana (10), Hlologelo Kekana (6) en Lekgoledi Kekana (4).

Maroela Media het vroeër berig Kekana, van Moletlane-Mmatjatji in Magatle, se vier seuns het by hul ouma, Kekana se ma, gewoon. Hy het op 4 September die kinders by haar gaan haal en na Gauteng geneem om by hul ma te gaan kuier.

Kekana en die ma is glo nie op goeie voet nie en hy het na bewering die Saterdagaand teruggekeer en al vier seuns vermoor deur hul kele af te sny. Hy het daarna selfmoord probeer pleeg.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lynette ·

Hulle is bekommerd maar te dom om te besef dat al die geweld in die land hulle eie skuld is. Sedert 1994 word al die protes optogte en geweld van die verlede kort-kort op TV gewys en die mense wat daaraan deelgeneem het as helde opgehemel. So wat verwag hulle? Die mense wat daarmee grootgeword het glo dis die manier om te kry wat hulle wil he en dan later dalk self as helde beskryf word. Al wat dit regtig is, is barbaarse vernielsugtigheid. Wat jy saai sal jy maai.

HEVW ·

Mense op aanklag van moord en wat in die proses is van afwagtende verhoor behoort geen borgtog te kry nie,

JWK ·

Ai Maroela. Ek is teleurgestel met julle verkrampte siening van reg & verkeerd en sodoende my vorige kommentaar te verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.