Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die betoging is by Provincial- en Jamesstraat. Volgens Minnaar is dié paaie intussen gesluit. Hy het motoriste aangeraai om van Lenasiaweg as alternatief gebruik te maak.
Volgens berigte betoog inwoners oor behuisingskwessies.