Paramedikus skiet man glo op ongelukstoneel

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andri Tambunan / AFP)

Die polisie in Mayville ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn paramedikus, wat nie aan diens was nie, ʼn man op die N3-snelweg in Durban geskiet het.

Volgens lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het die paramedikus Saterdag net voor middernag in haar private motor gery toe sy op ʼn ongelukstoneel afgekom het. Sy het stilgehou en gehelp.

“Volgens inligting het sy [die paramedikus] die situasie geassesseer en daarna teruggeloop na haar motor om toerusting te kry. Dit is toe dat ʼn ander voertuig haar motor van agter gestamp het,” bevestig Netshiunda.

“Drie mans het na bewering uit die voertuig gespring en ʼn argument het tussen hulle en die paramedikus gevolg.”

Volgens Netshiunda het een van die mans glo ʼn vuurwapen uitgepluk, waarna die paramedikus haar privaat gelisensieerde vuurwapen uitgehaal en op die man met die vuurwapen geskiet het.

Die man is na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die ander twee mans het na bewering in die voertuig geklim en van die toneel gevlug.

“Die polisie het op die vuurwapens beslag gelê vir verdere ondersoek. Nog niemand is in verband met die voorval aangekla nie aangesien ondersoekers steeds meer inligting oor die voorval insamel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annelize ·

Selfverdediging. End of story.

As jy ‘n vuurwapen uithaal, het jy dit reeds in jou kop om hom te gebruik, ek sal beslis nie wag dat hy 1ste vuur nie. Die reel van jy slaan nie eerste nie, maar jy slaan wel eerste terug, werk ongelukkig nie so lekker as dit by vuurwapens kom nie.

Jillian ·

Baie mooi. Hy sal twee keer dink voor hy weer so iets probeer! Goed dat jy jouself verdedig het!

Brett ·

Die wet stel eit duidelik. “In self-defence, the first requirement is that there must be an unlawful and violent attack. The defender has the right to use the necessary force, but not excessive force, to thwart the attack. The defence, therefore, must be commensurate with the attack.”

………. To stop the asalant not kill.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.