Die portefeuljekomitee vir gesondheid het Saterdag sy kommer uitgespreek dat dié provinsie nie gereed is om Maandag met fase twee van die inentingsprogram te begin nie. Dít terwyl Covid-19-gevalle in dié provinsie met 67% toeneem.
“Die komitee is bekommerd aangesien dit lyk of die Noord-Kaap ʼn gebrek aan kapasiteit het om inentings toe te dien, met slegs 2 400 verpleërs wat tans in dié provinsie werksaam is,” het dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die komitee, gesê. Dit is ook problematies dat vier uit die vyf gesondheidsdistrikte tans deur waarnemende hoofde gelei word.
Die komitee wou ook duidelikheid vanaf die provinsiale departement van gesondheid kry oor hoe entstowwe geberg sal word op plekke wat diep in landelike gebiede geleë is. Die komitee is veral onseker of die regte maatreëls ingestel is om te verseker dat entstowwe by die voorgeskrewe koue temperature geberg word. Kommer heers oor nadelige gevolge indien dit nie die geval is nie.
“Dit is wel verblydend dat privaat gesondheidsinstellings in die provinsie hulle daartoe verbind het om inentings te help doen.”
Volgens Dhlomo styg Covid-19-infeksies in dié provinsie tans teen ʼn koers van 67% elke week. Altesaam 43 593 gevalle is teen Vrydag hier aangeteken. Dit is wel nog die provinsie met die minste Covid-19-gevalle.
Die Francis Baard-distrik in die diamantveld-gebied gee die komitee veral kopseer, aangesien 50% van nuwe gevalle hiér aangeteken is. Dié gebied sluit Kimberley, Jan Kempdorp en Barkly-Wes in. “Dié toename is blykbaar veroorsaak omdat inwoners nie die gesondheidsmaatreëls nakom nie. Dit kom veral voor of mense mekaar in die werkplek, asook by begrafnisse en ander sosiale byeenkomste aansteek,” sê Dhlomo.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Alweer bekommerd, net soos Cele, maar aksies ontbreek soos gewoonlik.
Die Kommitees skrik laat wakker en hulle het in elk geval geen mag o..op te tree nie. Die Politieke Gesondheidsleiers is doodstil..wasr is die Kubane.
Privaat instansies moet seker bewys dat hulle azn BEE vereistes voldoen
Die entstof keer geensins dat mens wel die virus kan kry nie. Dit “kommer” is bietjie laat sal julle nie sê nie?
Nou ja kan die entstof behoorlik gestoor word teen regte temp. Hoe gaan jy weet dit het warm geword en hulle spuit jou in? Of is daai antw net as jy dood is! Die regering kan jy net nie vertrou nie.
Toe die entstof op pad was na ons land, het die regering ons verseker hulle het die temperatuur ding onder beheer.. Nou word n 180 draai gemaak… Nie regtig verbaas nie…. Ons regering kan doodeenvoudig net nie beplan of vooruit dink nie… “another job stuffed up by the anc” een oomblik word daar gese dat die noordkaap agv ons ligging en en agteros met gevalle sal wees, nou “confuse” hulle weer die besigheid….