Parlement ontken Eskom-skuld

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die parlement het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy nié vir Eskom geld skuld nie.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het in ʼn verklaring verduidelik dat daar Dinsdag tydens ’n vergadering van die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement (Scopa) verkeerdelik gesê is dat die parlement Eskom R17 000 skuld.

Volgens Mothapo is die inligting wat aan die komitee deurgegee is verkeerd, aangesien die parlement nie ’n kragrekening by Eskom het nie en dus nie agterstallig in betalings kan wees nie.

Volgens Mothapo val die parlement se geboue, wat die parlementsgebied en dorpe insluit wat parlementslede in Kaapstad huisves, onder die bestuur van die departement van openbare werke. Dit beteken dat dié departement, nié die parlement nie, rekenings ontvang vir elektrisiteit en ander dienste vir parlementsgeboue.

“Die onakkurate inligting wat aan die parlementêre komitee gegee is, is kommerwekkend, want as ’n instelling wat toesig oor Eskom hou en ʼn kernrol vervul in die hantering van uitdagings waarmee dit gekonfronteer word, behoort die parlement nie onder diegene te wees wat tot die kragvoorsiener se finansiële probleme bydra nie,” lui die verklaring.

Mothapo het die versekering gegee dat die parlement met die komitee sal skakel om die misverstand reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris dupreez ·

Rekenings??? Of rekeninge. Wat soek hy in die parlement

Peet ·

Die syfer is geloofbaar – maar die parlementêre kiesafdelings – hoe lyk dit daar.

Pieter ·

Dit is al wat hulle kan doen ontken alles ou zuma het hulle mooi geleer nie eers die menisters betaal eskom nie so val die hele afrika uit mekaar

magda ·

Al gaan dit deur n ander departement – die skuld kom van die Parliament af, hulle gebruik die krag in hulle huise / geboue of waarookal – so hoe kan hulle dit nou ontken.

Andre ·

Die department van openbare werke ( DOW) skuld munisipaliteite ook miljoene en munisipaliteite skuld Eskom miljoene en so gaan die bose kringloop voort want begrotings word vir ander dinge gebruik…..

Ekke ·

Nee mense – divert the question is die beste attack strategy. Hoe kan almal Eskom geld skuld en nie parlement nie.

Sonja ·

Die Parlement skuld Eskom die geld wat hulle onder die tafel ontvang het in samewerking met die looters in Eskom

jolene ·

Dalk het my boodskap nie iets te doen met die parlement nie, maar sal dinge nie beter gaan as Eskom die munispaliteit uitsny (die middel man) en liewers laat die verbruiker direk hulle krag aan Eskom betaal nie, want alle betalings na Eskom raak net weg vir een of ander rede. is maar net n idee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.