Pas op, dis méér as vlag wat kan brand

(Foto: Skermgreep)

Die Suid-Afrikaanse musikant en YouTuber David Scott, beter bekend as The Kiffness, bewys met sy jongste politieke parodie opnuut dat dit maar beter is om te lag as om te ween.

ʼn Video waarin The Kiffness die DA se omstrede verkiesingsadvertensie – weens die brandende Suid-Afrikaanse vlag wat daarin verskyn – in sy eie weergawe omskep, het sosiale media ook aan die brand.

Dié video, op die deuntjie van Midnight Oil se treffer “Beds Are Burning”, is binne 24 uur byna ʼn halfmiljoen keer net op X gekyk.

“Ek het al genoeg video’s gemaak om te weet dat wanneer jou eie video aan jou op WhatsApp gestuur word deur ʼn ou skoolmaat – met die woorde “al telkens aangestuur” in die kop – het die video werklik wyd versprei,” skryf Scott op X.

“The time has come, a fact’s a fact, they burned this country down, let’s take it back … How do we vote now the tide is turning? How do we rescue our flag from burning,” sing The Kiffness onder meer in sy weergawe.

“Hierdie hele vlag-ding het my uit my aftrede van parodie gebring,” skerts hy voorts op X.

Die DA is die afgelope paar dae uit sommige oorde fel gekritiseer vir die advertensie waarin ʼn Suid-Afrikaanse vlag verbrand word. Pres. Cyril Ramaphosa het die advertensie as “verraad” bestempel.

“Dit is veragtelik dat ʼn politieke party, terwyl hy homself wil uitdruk, die simbool van ons eenheid, die simbool van ons bestaan as ʼn nasie, kan gaan verbrand,” het hy gesê.

Zizi Kodwa, minister van kultuur, oorweeg verdere stappe “teen die afskuwelike en onpatriotiese politieke advertensie”.

Dr. Leon Schreiber, ʼn DA-LP en die party se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die party is nie vir ʼn oomblik spyt oor die advertensie nie.

Schreiber sê die advertensie wys Suid-Afrikaners bloot daarop dat die Grondwet, eiendomsreg, ekonomie en eindelik die land sal brand, sou die ANC ná die verkiesing in ʼn koalisie met die EFF en ander radikale partye soos die MKP regeer.

“Dit sal die einde van die Suid-Afrikaanse droom beteken.”

Schreiber wys egter daarop dat die verskroeide vlag in die advertensie in die laaste paar sekondes van die advertensie weer tot sy volle glorie herstel word – wanneer die DA aan bewind kom.

‘n Skermgreep uit die DA se advertensie. 

Dit is ʼn waarskuwing aan kiesers, maar bied ook aan hulle ʼn ander uitweg.

“Die hele doel van die advertensie was om kiesers wakker te skud en dít het ons beslis reggekry. Die land is aan die gons oor hierdie advertensie … Ek dink ons het deurgedring tot baie mense wat dalk nie vroeër besef het wat met hierdie verkiesing op die spel is nie.”

Schreiber is nie bekommerd oor die negatiewe kommentaar of die moontlikheid dat die advertensie hulle moontlik stemme mag kos nie.

“Glad nie. Inteendeel.”

Hy sê die DA het soortgelyke teenreaksies ontvang toe hulle destyds kiesers teen Zuma gewaarsku het. Die opposisieparty is voor die 2009-verkiesing ook gekap oor sy “Stop Zuma”-plakkate.

“Dit het destyds ook groot konsternasie onder kommentators en mense aanlyn veroorsaak.

“Die ironie is dat diegene wat ons destyds gekritiseer het, vandag met ons sal saamstem. As ons maar net vir oudpres. Jacob Zuma destyds gestop het, was daar nie staatskaping nie.

“Ons is dus nie verbaas deur die kritiek nie. Inteendeel, ons is baie bly dit het ʼn hewige debat ontketen.”

Die omstrede advertensie is maar een element van die DA se boodskap wat hy aan Suid-Afrikaners wil oordra, sê Schreiber. “Daar is drie weke oor en ons sal tot en tydens die verkiesing vir kiesers die oplossing bied … Mense moet op die uitkyk wees vir die res van die boodskap.”

Oor Ramaphosa se gebruik van die woord “verraad” met verwysing na die brandende vlag sê Schreiber: “Die enigste persoon skuldig aan verraad in hierdie land is Cyril Ramaphosa. Dit was verraad toe hy toegekyk het terwyl Zuma die land aan die Guptas oorhandig. Dit was verraad toe hy as voorsitter van die kaderontplooiingskomitee die mense aangestel het wat Suid-Afrika gekaap het.

“Ons boodskap is: Bring ʼn einde aan die regering wat ons land verraai het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Papsak ·

Pragtig DA julle mag julle ysters genoeg is genoeg hulle het ons land verraai en vernietig bravo DA !!!!!!

SwartBees ·

Duidelik trap die advertensie op voete….dis hoekom die opposisie so bohaai maak, die waarheid slaan seer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goeie protes volkslied by nasionale sportgeleenthede.

Theo ·

Die feit is dat as hierdie enkele advertensie van die DA soveel aandag kry, dan het dit sy doel bereik. Welgedaan DA!

Frank ·

As ek ‘n miljoener was het ek R1m prysgeld aangebied aan musiekant of groep wat die treffendste liedtjie kan maak oor hoe die ANC die land opgeneuk het en saam met die EFF nog verder gaan opneuk.

Owlie ·

Hierdie advertising is eintlik BRILLIANT
Almal kan sien dit is nie werklik n vlag wat brand nie maar n uitbeelding van hoe ons mooi land af gebrand is, dis nog net die betrokke gesigte wat kortkom.

Jaco ·

Sterk boodskap, net jammer daar is nie regtig ‘n sterk opposisie nie, die DA het darem maar ook baie mis en raak skoppe, die Weskaapse onderwys departement onder andere wys dat hulle nie regtig opgewasse is om te lei nie.

Ella ·

Briljante vertolking van BEDS ARE BURNING. Hy verdien ‘n Bells!!

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Volpunte vir hierdie lied en liedjieskrywer. Dit het vandag geskiedenis gemaak. ‘n Monument vir wat ware spraakvryheid beteken. Die multimedia gaan die liedjie wêreldwyd uitsaai en die ANC en EFF sal die uitsendings nie kan blokkeer nie.

Kroo ·

Stem saam.

Om n vlag te verbrand is amper onvergeeflik—- soos staatskaping — van n volle wonderlike land wat funksioneer onder die vlag !

Plus natuurlik die dollar note wat in enige bank in die land weggesteek is !

Kroo ·

Wie betaal Gert vd Westhuizen se salaris op Kyknet soggens ? Vryheid van spraak ?

Absolute draadsitter — baie meer kritiek altyd teenoor die gematigdes, subtiel teen dit wat ook sy eie is !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.