Pas SEB toe, of sluit jou deure, sê eiendomsreguleerder

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Tienduisende eiendomsagente, eiendomsontwikkelaars, eiendomsadministrateurs, verhuurders, direkte eiendomsverkopers, afslaers, eiendomsadverteerders en ander “eiendomspraktisyns” kan deur die Suid-Afrikaanse regering se jongste swart-ekonomiese-bemagtiging (SEB)-vereistes ontwrig word.

Eiendomsagentskappe sal voortaan aan vlak 8-SEB-tellings moet voldoen om getrouheidsfondssertifikate te bekom of om bestaande sertifikate te hernu. Daarsonder sal eiendomsagente nie wettig sake kan doen nie.

Dié aankondiging is verlede maand deur die Eiendomspraktisyns Regulerende Owerheid (PPRA) gemaak en bepaal dat ondernemings in die eiendomsbedryf meer as 40 punte op ʼn SEB-telkaart moet hê.

Sakeliga het die stap intussen as “onwettig”, “ongrondwetlik” en “skadelik” beskryf en beplan om dit in die hof te beveg.

“Ten spyte van die feit dat daar niks in die Grondwet, die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, of die Wet op Eiendomspraktisyns is om ʼn minimum vlak van SEB vir “eiendomspraktisyns” verpligtend te maak nie, het die PPRA besluit dat SEB-sertifikate minstens 40 punte moet hê om geldig te wees,” sê Piet le Roux, Sakeliga se uitvoerende hoof.

“Die PPRA se aankondiging beteken dat tienduisende eiendomsondernemings die risiko loop om verbied te word om sake te doen. Jaarliks word meer as 40 000 getrouheidsfondssertifikate uitgereik aan nie net eiendomsagente nie, maar ook eiendomsontwikkelaars, eiendomsadministrateurs, verhuurders, direkte eiendomsverkopers, afslaers, eiendomsadverteerders en meer.”

Getrouheidsfondssertifikate is dokumente wat deur die eiendomspraktisynsgetrouheidsfonds uitgereik word. Die fonds het ten doel om te verseker dat betalings wat deur “eiendomspraktisyns” in trust gehou word veilig bly en dat kliënte vergoed kan word in geval van diefstal. Die fonds het niks met SEB te doen nie, maar word nou misbruik vir die onwettige doel om “eiendomspraktisyns” te hou aan politieke eise.

“Die PPRA pleeg ʼn groot en onregmatige magsoorskryding,” sê Le Roux.

“Dit maak die politieke instrument van SEB ʼn voorvereiste vir deelname aan die ekonomie. Dit probeer “eiendomspraktisyns” dwing om beduidende gedeeltes van hul ondernemings op onhoudbare voorwaardes prys te gee. As sodanig is dit ʼn vorm van onteiening en een wat ʼn skadelike en onaanvaarbare presedent vir staatsinmenging in die ekonomie skep.”

Hoewel die huidige afdwingingsaksie hoofsaaklik op maatskappye gemik is en oënskynlik ʼn mate van toegeeflikheid aan individue of alleeneienaars onder sekere omsetdrempels bied, waarsku Sakeliga dat “hierdie toegeeflikheid arbitrêr is, nie vir beplanning en regsdoeleindes op staatgemaak kan word nie en ongetwyfeld tydelik is”.

“Op die ou einde is ʼn B-BBEE-sertifikaat ʼn politieke instrument onverwant aan onderneming – dit kan nooit ʼn geldige voorwaarde wees om aan die ekonomie deel te neem, waarde te skep, en klante en kliënte te dien nie.”

Die jongste verwikkelinge vorm deel van ʼn derde groot SEB-golf sedert die 1990’s.

Le Roux sê oor die afgelope vyf jaar het die derde fase van SEB momentum begin kry, waarin die staat poog om SEB te verplig – nie net by sake met die staat nie, maar vir alle ondernemings en beroepe. Hy meen die regering het ten doel om alle ekonomiese aktiwiteite onder “politieke beheer” te bring, selfs ondernemings wat niks met die staat te doen het nie.

“Sakeliga ondersoek tans tien staatsdepartemente en 14 ander staatsinstansies vir pogings om dit vir ondernemings onwettig te maak om sake te doen tensy hulle hulself aan SEB onderwerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

minnie muis ·

tipies, dat 60 miljoen bang s vir minder as 5 miljoen, dit kan net waardes wees, want hul sal nooit gelyk wees nie

Jannie ·

Die openlike diskriminasie teen kleurling, indiër slaan my verstand te bowe. Dink hulle hul is al ras wat saak maak?

Janine ·

Ja, En so is hulle besig om ons in ‘n komminustiese staat te verander !

OU SAAR ·

Mooi anc…
Hou so aan.
Julle is besig om julle gat al hoe dieper te grawe.

Charl ·

Lyk vir my soos ‘n kommunistiese staatsbeheerde beleid wat nou in ons keelgate afgeforseer word ??

Stofdonkie ·

Mense moet leer om besighede te vra vir hulle SEB sertifikaat, en wanneer die besigheid voldoen aan SEB moet hulle geboikot word. Moenie die besighede ondersteun wat die regering se rasmalheid gehoorsaam nie. Ondersteun eerder jou plaaslike eenmansaak wat nog blankes in diens neem

Bolandse Nooi ·

@Jannie, onder die vorige bedeling was die “Cape Coloreds” en Indiërs te swart om as wit geklassifiseer te word; onder die huidige bedeling is hulle te wit om as swart geklassifiseer te word. Die huidige bedeling se mense verwys juis na diegene as “coconuts”: “Brown on the outside, white on the inside”. DUS: nog vis, nog vlees – nog hier, nog daar.

Catherina ·

What so called feelings of inferiority don’t do. Cause destruction in every sphere

SjN ·

Dit moet seker sleg wees om deur wetgewing in n pos te wees om aan beee getalle te voldoen en boonop te weet jy kan nie die werk doen nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

@minnie, die 60 miljoen is nie bang nie. Die regime gebruik diskriminasie om die massas gelukkig te hou.

Cassie Carstens ·

So grawe die ANC net hulle gat dieper waarin hulleself gaan val.

mattk ·

En kyk maar net wat die sogenaamde BBBEEE en hoeveel nog B’s en E’s aan dienslewering gedoen het. Gaan die nuwe SEB – vereistes ook ‘n salaris afdwing of gaan die nuwe SEB – aangesteldes ook soos die huidige agente vir ‘n kommissie moet werk.
Ai, dit is soooo maklik om huise te verkoop…. wonder of die wat die wette so verander en afdwing, dit al probeer het. Probeer alle maniere net om die massas gelukkig te hou.

skurweberg ·

Dit gaan vandag in hierdie land oor kwaliteit en kwantiteit. Hoe vinniger jy kan geldmaak(SKEP), hoe beter is dit.

Piet parys ·

Ja die onbevoegtes van die SEB groep bewys duidelik dat hulle onbevoeg is om enige besigheid oop te maak wat suksesvol is nie maar wil altyd huself inforseer in suksesvolle blanke maatskappye om net daar rond te hang en die blankes moet die werk doen . Geen trots in hulle geledere nie.

Martie ·

@minnie, Ek het myself al duisende kere dieselfde vraag afgevra, hoekom is die massas so bang en begerig vir die handjie vol wittes en wat hulle deur harde werk vermag het. Kyk ek kan hulle verseker ons was nie in watte toegedraai toe ek in die staatsdiens gewerk het nie. Was altyd hopeloos te min vir die werk met die gevolg jy het drie tot vier mense se werk tegelyk gedoen en is altyd oor die hoof gesien vir enige bevordering of bonus .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.