Pasgebore baba in stortbak gevind

Die liggaam van ’n pasgebore baba is in ’n stortbak vir vullis in Potchefstroom gevind. (Foto: ER24)

Die liggaam van ’n pasgebore baba is die afgelope naweek in ’n stortbak vir vullis in Potchefstroom in Noordwes gevind.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê nooddienste is Saterdagaand omstreeks 18:30 na die toneel langs Gluckmanweg in die middedorp ontbied.

“Op die toneel het paramedici die liggaam van ’n pasgebore babaseuntjie in verskillende lae plastiek gevind.

“Hulle het die seuntjie ondersoek en gevind dat hy geen teken van lewe getoon het nie. Daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel,” het Meiring in ’n verklaring gesê.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoe dra jy ‘n baba vir 9 maande, gaan deur die pyn om geboorte te skenk en gooi dit kind dan weg?

miche ·

Ek wonder net of die Departement van Onderwys en Departement van Sosiale Ontwikkeling ooit opgevolg het op die DUISENDE swanger skoolmeisies regoor die land.
(Volgens die statistieke was van die leerlinge skaars 10 jaar oud).

Elmarie ·

Waar gaan ons mensdom heen? Om ‘n pasgebore baba weg te gooi is onmenslik. Hoekom nie eerder opgee vir aanneming of aborsie vroeg in die swangerskap nie?

Lollapop ·

Daar is soveel kinderlose ouers wat die baba met liefde sal vat, daar is plekke waar sulke babas gelos kan word . So hartseer !

Deon ·

Jy kan nie n ouer wees as jy nie kinders het nie, dus ons term, “kinderlose ouers” is nie n geldige term nie

domheks ·

Ek se weer nie eers ‘n hond gooi sy kleintjies weg nie. Kan die persoon nie ‘n mens noem nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.