Pastoor weer skuldig aan verkragtings

James Devine Thubakgale in die hof (Foto: Verskaf)

ʼn Pastoor van Limpopo wat reeds lewenslange tronkstraf uitdien, is Maandag in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind in ʼn ander saak op nog aanklagtes van verkragtings.

James Devine Thubakgale (58) van die Deliverance Church of Christ in Polokwane het meisies van 16 jaar en jonger geteiken. Hy het hulle verkrag in ʼn lodge naby die kerk, in sy motor of in hul kamers wat hulle by hom gehuur het. Hy het van hulle ook aangerand.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê hy sou vrees by die meisies inboesem deur vir hulle te sê dat indien hulle weier om met hom te trou of met hom seksueel verkeer, sal God hulle vir ongehoorsaamheid straf en dat daar dood en siekte in hul families sal kom.

“Hy sou die meisies wat hom teëgegaan het as hekse uitkryt en het gesê dat hulle met bose geeste besete is,” sê Malabi-Dzhangi.

Thubakgale is reeds op 30 September verlede jaar in die Mankweng-streekshof tot twee keer lewenslank gevonnis op twee aanklagtes van verkragting. Hy het minderjarige meisies tussen 2011 en 2012 verkrag.

Hy is nou weer skuldig bevind op twee aanklagtes van verkragting en ʼn aanklagte van aanranding. Hy sal na verwagting volgende week Woensdag gevonnis word.

Volgens Malabi-Dzhangi het Thubakgale boonop van 2009 tot 2017 lidmate van sy kerk omgepraat om hul spaargeld vir hom te gee. Hy het hulle beloof dat hulle hemel toe sal gaan indien hulle dit doen.

“Die gemeentelede in sy kerk het hom gerespekteer en bevele gehoorsaam omdat hulle geglo het dat hy deel van die heilige drie-eenheid was. Hy het hom aan sy gemeentes voorgehou as ’n magtige man van God, wat die siekes kon genees en die duiwel kon wegwerp. Hulle het geglo dat hy na hierdie wêreld gestuur is om hulle te red.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anton J ·

Daar gaan ons alweer…..
“Pastoor” weer skuldig aan verkragtings. Of hoekom nie dalk sê “Priester” weer skuldig aan verkragting? Soos ek vir julle ‘n paar dae terug gesê het, julle veralgemeen die amp Pastoor en koppel ‘n negatiewe verwantskap daarmee. Hierdie is self aangestelde “Pastore” met geen beherende liggaam wat toesig hou oor hom met beherende reëls nie anders sou julle gesê het van sy opsieners se mening en opinie. So hoekom verwys nie eerder na ‘n Self erkende Pastoor weer skuldig aan verkragting. Baie sterkte aa die slagoffers, hoop julle kry genesing en berading.

Casper ·

Openbaring praat mos van vals profete,maar ek dink hierdie probeer het sy magte toet en total oorskry.

Yvonne ·

Op die ouderdom , is dit lyk my vir, nog steeds vir die man nie moontlik om homself in te hou nie …so iemand help hom

KB ·

Niks met ouderdom en geslag te doen nie, dit kom alles neer op opvoedingspeil en ingesteldheid te make (maw geestesgesondheid).

Misky ·

Hulle het geglo hy is deel van die heilige drie-eenheid……. Sjoe, hulle moet eerder hulle Bybel weer lees en aandagtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.