Nege inspekteurs van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag in die Hermanus-landdroshof verskyn op ʼn reeks aanklagte, insluitend korrupsie.
Hulle is deel van ʼn groep van 17 verdagtes wat Maandag deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem is vir hul vermeende betrokkenheid in by ʼn perlemoenstropery-sindikaat.
Die beskuldigdes staan tereg op sewe aanklagte insluitend swendelary, diefstal, dwarsboming van die gereg en korrupsie.
Adam Baajies, van Gansbaai, en agt ander inspekteurs, het na bewering tussen September en November 2016 saam met die agt ander verdagtes gewerk.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die staat het uitstel van sewe dae versoek sodat die sake saamgevoeg kan word. Hy het gesê lasbriewe vir inhegtenisneming is uitgereik vir nog vier verdagtes en hulle sal na verwagting by die 17 verdagtes aansluit wat reeds in aanhouding is.
Die saak is tot 14 Maart uitgestel wanneer die staat na verwagting hul borgtogaansoeke sal teenstaan.
Bring die oumanne terug !!!
Hierdie mense kan asseblieftog net nie borg kry nie!!! Hulle is die mense met AL die inligting. Hulle MOET in aanhouding bly totdat al die sindikaat- en bendenetwerke openbaar gemaak is.
Genade soos dit vir my lyk gaan ons tekort aan tronke he. Daar word nou oral ondersoeke gedoen. Mooi so.
Ek bly waar die stropery nou nog aan die gang is.Inspekteurs en ander staatsamptenare is soos op hierdie oomblik betrokke by stropery.Die samewerking het nie November 2016 gestop nie.