ʼn Personeellid van Pick n Pay in Norwood in Johannesburg is Dinsdag baie ernstig beseer.
“Een van ons slagterspersoneel het ʼn baie ernstige ongeluk gehad,” het Wim Theron, uitvoerende lid van die groep se winkelbedrywighede, in ʼn verklaring gesê. “Nooddienspersoneel en ʼn dokter was baie vinnig op die toneel.”
Gerugte dat die man beseer is toe sy arm in die winkel se vleismeul beland het, kon nie dadelik bevestig word nie, aangesien die ondersoek voortduur.
“Ons ondersoek die voorval,” het Theron bevestig.
Eina! Sterkte aan die PnP personeellid!
En daar daal Pick a Pay Norwood se vleisverkope met ‘n hele paar persent!
“Wors”
Hoop nie dit was “Vaatjie” van Toks & Tjops nie !!
Goeiste……!!! Ek hoop hy sal okay wees. Sterkte !
Shaim sterkte