Pik Botha se weduwee siek, maar ‘op herstelpad’

Ina Botha. (Skermgreep: eNuus)5

Ina Botha (67), weduwee van die oudminister van buitelandse sake, Pik Botha, sterk goed aan in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria. Intussen het ʼn familielid sonder Botha se prokureur se medewete ʼn hofaansoek ingedien om haar boedel van etlike miljoene rande onder kuratorskap te plaas.

Botha het ʼn paar weke gelede in haar nuwe blyplek in die noorde van die stad geval en ʼn kopbesering opgedoen. Sy was vir ʼn wyle bewusteloos en is na die hospitaal gehaas waar sy sedertdien ʼn operasie vir die wond aan haar kop ondergaan het, het ʼn familielid aan Maroela Media bevestig.

Sy is aanvanklik in die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal behandel, maar word die afgelope ruk in ʼn gewone saal behandel. Volgens ʼn vriendin is Botha ook amper weer haar gewone self.

“Sy sterk mooi aan. Sy herken mense en voer gesprekke. Sy is ook by haar volle positiewe,” het die familielid gesê.

Die hooggeregshof in Pretoria het vandeesweek ʼn tydelike kurator aangestel om na Botha se sake om te sien. Dít nadat ʼn aansoek by die hof ingedien is waarin aangevoer word Botha se gesondheid het ná die voorval beduidend versleg en dat iemand na haar geldsake moet omsien.

Volgens die familielid “verbeter haar toestand” egter deurentyd.

Die aansoek om ʼn kurator aan te stel is oënskynlik ook sonder die medewete van Botha se eie prokureur gedoen.

IOL berig Botha se bates is nagenoeg R7,7 miljoen werd.

Pik Botha, een van die langsdienende ministers van buitelandse sake ter wêreld, is verlede jaar in die ouderdom van 86 dood. Hy en Ina, ʼn voormalige SAUK-joernalis, is in 1993 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Op grond van wat en hoekom en deur wie is daar aansoek gedoen om kuratorskap, hoop alle bewyse is in plek. Hoop hul teken apel aan

Hendrik ferreira ·

Pik botha,de klerk,meyer,hernus kriel almal apartheid skurke wat my verhinder van my vriende wat dood is op die grens in n oorlog wat afgedwing was op 18 jarige seuns net so dat hulle my kon otneem van n toekoms met hulle ondeurdagte patetiese onderhandelinge,voor hulle die minderhede aan hulle eie lot oorgelaat het.

jaco ·

toe daar in die 1980’s gepraat is van volkstaat en stem KP of HNP en laat die KP en die HNP asseblief tog saamwerk teen die NP regering wat aal hoe meer “hervorm” het, toe was daar allerhande verskonings
Te laat om nou te kla…

THISTLE ·

Hartseer wanneer mense namens jou oor jou lewe besluit. In Baie gevalle is dit om hul self te verryk.

WONDER ·

Dalk het hierdie familielid gedink dit is die beste om te doen om die vrou te beskerm. Ons weet hoe vinnig word jy almal se vriend as jy paar pitte het. Indien sy nie aldag na wense is nie en hierdie vriende praat n gat in haar kop kan sy dalk vinniger hierdie miljoene verloor voordat sy besef wat gaan aan. Moenie altyd net wil oordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.