Pilanesberg-lughawe in vlamme

Die Pilansberg Internasionale Lughawe was Dinsdagmiddag in vlamme (Foto: Skermskoot)

’n Brand het Dinsdagmiddag by die Pilanesberg Internasionale Lughawe naby Sun City in Noordwes uitgebreek.

Volgens Oshebeng Koonyaditse, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, het sekerheidswagte omstreeks 12:00 rook by die lughawe gesien, maar kon nie vasstel wat brand nie.

“Die wagte het ondersoek ingestel en gesien die rook kom van die bopunt van die lugverkeerbeheertoring af,” sê Koonyaditse.

“Van die personeel by die lughawe is na die toring om die brand te probeer blus. Die vlamme het egter alles verswelg en binne enkele sekondes het die grasdak van die lughawe ingeval. Die personeel het tevergeefs probeer om die vlamme te blus, maar die struktuur was heeltemal vernietig.”

Die Sun City- en Rustenburg-brandweer het kort daarna op die toneel aangekom om bystand te verleen. Die brand is geblus.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en geen beserings is aangemeld nie.

Sello Lehari, die LUR vir die departement, het saam met die waarnemende departementshoof, Mpho Maleme, hulle na die terminaal gehaas en ’n onmiddellike ondersoek na die oorsaak van die brand gelas.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om agter die kap van die byl te kom,” het Lehari gesê.

Breaking News: PILANESBERG INTERNATIONAL AIRPORT ON FIRE , Sun City outside Rustenburg in the North West. [Video Supplied]

Posted by King Luan Snyders on Tuesday, August 29, 2023

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Karoo ·

Eers brand verskilende SANParke resturante en winkels…. ook net so uit die niet…. en nou dit. Wonder of daar ‘n verband kan wees?

Faraway ·

Ondersoekers se werk word vergemaklik want ALMAL neem deesdae videos en fotos van ALS

WynandM ·

Suid-Afrika kan hierdie en soortgelyke negatiewe voorvalle nie meer bekostig in terme van toerisme nie. Wonder hoe lank gaan dit vat om gebou te herstel

Kiepie ·

‘n “Internasionale” lughawe met ‘n gras dak en sonder sy eie brandbertyding!!! Kon nie te moeilik gewees het om hierdie disaster te voorspel nie.

Delia ·

Kiepie. Ja dis n internasionale lughawe, maar so mooi en pragtig ontwerp om in te pas in die Bos.
Heel waarskynlik was daar n weerligafleier en brandslange. Maar dink jy dis prakties uitvoerbaar 24/7 vir mense om daar te sit en wag vir n brand.

chris ·

Oral oor die wereld heen brand dit nou.Kanada,Griekeland Haiti ens.Laasgenoemde se vewoestende brand is net so onverklaarbaar ,of dalk nie,net ‘n vraag.Probeer hulle die skuld op aardverwarming plaas of is daar iewers ‘n slang in die gras?

annie ·

… slange word glo ook al warmer. Oppas, moet nie weer een optel nie. Jou klere kan begin brand. By die volgende aardverwarmingsberaad sal ons wel die anwoord kry. Aardverwarming en evolusie hou glo verband.

Bolandse Nooi ·

Aardverwarming en evolusie hou inderdaad verband, annie. Die verband is dat diegene wat die evolusie leer misgestap het, diegene is wat die brande veroorsaak … Maak gerus maar jou eie afleidings …

Ryan ·

Jy bedoel seker Hawaii? Die brande daar het ontstaan agv elektriese kabels wat deur sterk wind afgewaai was.

chris ·

Dankie vir uitwys van die Hawaii tikfout!”The cause or causes of the fires on Maui are still unknown” volgens BBC Verify!

Saartjievandiebosveld ·

Brandstigting….te veel brande wat net uitbreek…

Koen ·

Is die lughawe in onbruik gewees as daar niemand in die toring was 12:00 die middag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.