Plaasmoord eerste in byna twee dekades in dié gebied

Frans Venter

Frans Venter (68) se vrou,  ʼn mediese dokter, wou Woensdag self haar man dood verklaar nadat hy op hul plaas in die Kroondal-omgewing naby Rustenburg, Noordwes, oorval en vermoor is.

“Dit is my man, ek sal hom dood verklaar,” het Venter se vrou aan reaksielede op die moordtoneel gesê toe hulle ʼn ambulans wou ontbied.

“Dit het baie van haar gevat om dit te doen. Dít terwyl sy heeltyd koel en kalm gebly het,” vertel ʼn woordvoerder van AfriForum se buurtwag in Rustenburg wat die tweede persoon op die toneel was.

Venter se moord is die eerste moord in tussen 15 en 20 jaar om in hierdie plaasgebied plaas te vind.

Maroela Media het vroeër berig vier mans het Woensdag omstreeks 07:30 Venter se plaas betree en die huiswerkers en tuinwerker buite oorrompel en met elektriese kabels vasgebind. Die verdagtes het hierna toegang tot die huis verkry en Venter oorval. Hy is erg aangerand en doodgesteek.

Volgens die woordvoerder het die mans geld geëis, maar Venter het “óf nie geld gehad óf wou nie geld gee nie”.

ʼn Onderonsie het gevolg.

“Venter het ʼn redelike bakleiery teen die ouens opgesit, maar manalleen het hy toe die stryd teen die vier mans verloor.”

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is talle items deur die verdagtes geroof voor hulle te voet van die toneel gevlug het.

Die tuinwerker kon daarin slaag om homself los te maak en het op ʼn buurplaas alarm onder werkers gemaak. Die boer is daarna deur die werkers van die aanval ingelig en hy is eerste uit na die toneel.

Die boer het die AfriForum-woordvoerder daarna ook van die aanval in kennis gestel, wat hom toe na die toneel gehaas het.

“Tydens my reaksie het ek lede van die AfriForum-buurtwag, ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy, Ratel Sekuriteit, en die polisie ontbied.

“Met my aankoms daar het die boer wat eerste op die toneel gereageer het, my ingelig dat Frans reeds dood is.”

Chris Lombard van Ratel Sekuriteit was daarna op die toneel, gevolg deur AfriForum-buurtwaglede en die polisie.

“Ek het saam met Lombard die gebied gefynkam en toegangspunte tot die plaas gesoek. Ons het ook op plaaslike veiligheidsgroepe gevra vir inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei.

“Binne vyf tot tien minute daarna het iemand ons gebel en gesê die verdagtes na wie ons op soek is, is nou net by sy plaas verby. Lombard het in dié omgewing gepatrolleer en het kort daarna een van die verdagtes vasgetrek.”

Die polisie het teen die middag ʼn tweede verdagte nie ver van waar die eerste verdagte vasgetrek is nie, in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Rustenburgse landdroshof verskyn.

Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet, maar volgens die woordvoerder verwag hulle binnekort ʼn inhegtenisneming.

AfriForum gaan Vrydagaand ʼn vergadering hou om opnuut bewusmaking onder mense in die Kroondal-omgewing te skep oor plaasaanvalle en -moorde.

“Ons wil die mense leer om meer paraat te wees en selfs motiveer om by plaaslike buurtwagte aan te sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

George ·

Weer waar die werkers “vasgebind” word. Begin ondersoek daar.

Waarnemer ·

Leer die mense om aanvallers eers doood te skiet dan die polisie bel.

KatjieDeKat ·

Hiënas bedoel jy. African Wild Dogs is wonderlike diere. Maar ek verstaan wat jy bedoel.

Henri ·

“Volgens die woordvoerder het die mans geld geëis, maar Venter het “óf nie geld gehad óf wou nie geld gee nie”.”

Ek verstaan glad nie hoe die woordvoerder hierdie stelling kan maak nie. Was hy ‘n ooggetuie?

antieke antie ·

moordmagte kom in troppe soos wilde honde ….. miskien ken die polisie die moordenaars maar doen niks ,,,,, oor die jare het die moordmagte beskerming gekry want kriminele en moordenaars het ‘regte’

KatjieDeKat ·

Al wat hierdie land sal regruk is n strafreg stelsel so drakonies dat n krimineel sal begin huil van vrees as daar net n Gedagte aan misdaad in sy kop inkom. I would have murderers, rapists, child molesters and all violent criminals working on a chain gang from dawn to dusk, for the rest of their lives. Drie keer n dag, Elke dag, 5 houe met n sambok. As die vel breek smeer ons maar sout daarin om infeksie te keer. Jy gaan nie op my staatshospitale teer nie, baie dankie. En snags sal jy vasgeketting word sodat jy nie kan selfmoord pleeg nie. As jy siek of beseer word, moet jy maar in jou sel doodgaan. Nobody cares.

Jacobus ·

Ek stem 100% saam, maar die misdadigers het mos mense regte, die slagoffer nie. Dit is mos ANC beleid. Tensy een van “our people” gedood word uit selfverdedeging dan word die boer vir maande opgesluit net sodat die saak uitgegooi kan word.

KatjieDeKat ·

Presies. En DIT is wat tot n einde MOET kom, as daar ooit vrede en voorspoed in hierdie land kan wees. As ek in beheer was vd strafregstelsel was, sou jou menseregte afhang van hoe jy jou gedra. As jy n moorddadige, sluwe, gewelddadige monster wil wees, gee jy uit VRYE WIL jou menseregte prys. Jou probleem van daar af. Jy het uit vrye wil jou reg om as n mens beskou te word, prysgegee.

Henk ·

Ek het al op Netwerk24 die voorstel gemaak dat die misdadigers se familie of vriende sy tronk vonnis se koste dra en voedsel aan hom verskaf , nie die belastingbetalers . Jy sal vinnig sien hoe sorteer die familie of vriende die misdadigers uit. Maar netwerk24 wou nie die kommentaar plaas nie. Wonder hoekom nie .

Misky ·

Ek sukkel om met die opskrif saam te stem. Vir baie lank (en eintlik steeds) word plaasaanvalle nie raakgesien vir wat dit is nie. Hierdie grusame moord dalk net eerste in dekades wat erken word vir wat dit werklik is.

Frank John ·

Bly om te sien daar word in hegtenis geneem, hulle bly nie net vry rond loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.