Plakkers op Soshanguve-grond eersdaags verwyder

Besetters by die sinkhuis waar erwe na bewering verkoop word. Foto: AfriForum

AfriForum kon Vrydag daarin slaag om die tussentydse hofbevel wat hulle verlede maand namens dr. Motodi Maserumule bekom het finaal te bekragtig.

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, behels dié bevel, wat in die Noord-Gautengse hooggeregshof finaal bekragtig is, dat betreders wat tans Maserumule se plaas buite Pretoria onregmatig beset deur die balju verwyder moet word en dat die SAPD verplig is om die balju met sodanige verwydering by te staan.

“Hoewel die betreders ’n prokureur opdrag gegee het om die aansoek teen te staan, is geen opponerende stukke ontvang nie, en het nóg die betreders nóg ’n verteenwoordiger van die betreders die hofverrigtinge bygewoon. ’n Vergadering met al die betrokke partye om die verwydering te laat geskied, het reeds plaasgevind en die betreders sal eersdaags verwyder word,” het Cameron gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die groep onwettige plakkers verteenwoordigers van AfriForum en ’n mediaspan vroeg Maandagoggend met onder meer petrolbomme gedreig het toe hulle ’n mediaonderhoud op Maserumule se grond wou doen.

“Toe ons daar kom om ’n media-onderhoud te doen, was dit aanvanklik rustig, maar toe word dit baie vinnig lelik. ’n Groep mense het op ons voertuie afgestorm; van hulle het met pangas en selfs vuurwapens gestaan en [ons] gedreig.

“Daar is toe aan ons gesê dat indien enige iemand hulle gaan probeer keer, hulle met petrolbomme gegooi gaan word. Toe hulle klippe begin optel om ons voertuie daarmee te gooi, het ons gery,” het Cameron vroeër gesê.

Besetters het ’n sinkhuisie met die woord “Office” opgerig en daar is begin om erwe teen R500 stuk aan lede van die publiek te verkoop.

“AfriForum sal aanhou om die proses te monitor en om Maserumule by te staan totdat die betreders verwyder is. Ons sal onverpoosd by soortgelyke aksies en aansoeke betrokke wees om seker te maak dat die verantwoordelike persone en liggame, waaronder die SAPD, tot verantwoording geroep word indien hulle nie hul verantwoordelikhede nakom nie,” het Cameron gesê.

Hy het grondeienaars gemaan om hul grond te omhein en alles in hul vermoë te doen om potensiële besetters te ontmoedig om hul grond te betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KR ·

Dreig met bomme, en dis okay…ek daag julle uit om dieselfde dreigement hier in Amerika te kom maak, dan kyk ons wat gebeur. Dis terrorisme, maar dis mos ANC, nog al die jare, n terroris organisasie.

Stuiwer ·

Fantasties om te sien dat AfriForum ook vir swart boere opstaan. Ek wens dit wil oorspoel na almal en dat ons sal ophou om net kleur raak te sien. Hier gaan dit oor besetters wat onwettig optree.

bgj van der westhuizen ·

waar is die sapd drieg met bomme en geweld dit is teen die wet maar die meeste is mos swart in die sapd en dit is swart mense wat teen wit mense dis die sapd doen niks DIT IS TYD DAT DIE SAPD HOF TOE GENEEM WORD OOR ULLE TE SLEG IS OM ULLE WERK TE DOEN WAT DIE GROND WET NEER LE

Callie ·

Waar is die ondersteuners van die anc se grondgrype Agri SA. Net hoor hoe help Afriforum wat volgens julle vals inligting versprei en julle doen niks. Of Agri SA, is die berig oor die grond wat beset is vals

Emma ·

Dit is hoog tyd dat die regering ophou om alle rasse op te sweep teenoor mekaar. Dit is hoekom almal rassistiese uitlatings maak en daar soveel haatspraak is.Op grondvlak is daar nie soveel rassisme ondermekaar nie. Alles gaan net oor stemme ek le dit absoluut voor die anc se deur

Ellisras ·

Al die baie goeie werk wat Afriforum hier doen is ongedaan gemaak met dit wat hul in die Parlement aangevang het. Net gaan vyande maak. Iemand het nie gedink nie.

Henk ·

Hulle (ons) het nie nuwe vyande gaan maak nie. Dis maar net die ou vyande wat daar was.

Callie ·

Ellisras, as die ware feite vyande maak dan moet dit so wees. As jy in leuns wil leef, moenie ander saamvat nie

Cornelia ·

Die debat in “parlement” het die regerende meerderheid en sy meelopers slegs ‘n paar harde “wake up” calls gegee. Dit was hoogtyd vir ‘n “Donald Trump” benadering. En Afriforum het daarin ‘n kishou uitgedeel wat die skyn uit die sg. “Goeie Suid Afrika” se seile geneem het. Daarom het die skyn van “goeie” hegte en eerlike kameraadskap soos kaf in die wind verwaai toe die maskers afgeruk is. Ellisras, jy het die krag van “Skyn” goeie verhoudings ontmoet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.