Planne gefnuik toe polisie op rowers losbrand

(Foto: Verskaf)

’n Groep gevaarlike boosdoeners wat glo van voorneme was om ’n plaaslike onderneming in Komga in die Oos-Kaap te beroof, is in hegtenis geneem voordat hulle dié plan kon uitvoer.

Een van die verdagtes is tydens ’n skietery met die polisie doodgeskiet.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het die voorval Dinsdagoggend plaasgevind net nadat die bestuur en personeel vir werk ingestap het.

“Daar word beweer dat vyf gewapende verdagtes, tussen 30 en 40 jaar oud, met geweld die sakeonderneming binnegegaan en kluissleutels van die bestuurder geëis het. Hul makkers was besig om personeel by staalkabinette in te dwing en toe te sluit,” sê Kinana.

(Foto: Verskaf)

“Die bestuurder het daarin geslaag om die paniekknoppie te druk en die polisie te ontbied.”

Met die polisie se aankoms op die toneel het die verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet totdat die verdagtes handdoek ingegooi het. Hulle is summier in hegtenis geneem.

“Een verdagte is noodlottig gewond terwyl drie ander tydens die skietgeveg beseer en na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere mediese behandeling gehaas is. Nog ’n verdagte is in hegtenis geneem en is tans in polisie-aanhouding.”

Die polisie het beslag gelê op twee gewere en een pistool, ’n slypmasjien en ’n voertuig wat na bewering deur die verdagtes gebruik is om na die onderneming, wat hulle van plan was om te beroof, te ry.

Die polisie ondersoek klagte van sakeroof, poging tot moord en die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, die provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het die polisiebeamptes vir hul heldedaad geprys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mariana ·

Soos ek berig lees, dink ek dat dinge in SA nou al soos rolprent afspeel. Elke dag dieselfde net ander plekke. Kriminele is al hoe meer arrogant. Bly die spul het hul rieme styfgeloop.

asjassie1 ·

As ek die wapen op die foto so kyk is dit polisie/weermag wapen……Wat van besit van onwettige wapen ammunisie op die klagstaat?

Nico ·

Nou word die saak ondersoek, kan die polisie nie sien dat dit ‘n poging tot roof was nie.

Elize ·

Hoekom die gemors altyd hospitaal toe vat. Stuur hulle met gate in hulle direk tronk toe want geen gevoel was daar vir die mense wat hulle wou beroof nie. Jammer net een het sy gat gesien

Jack ·

En die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie of hoe? Een ding wat opvallend word is dat die polisie meer aggresief begin ootree soos wat ons van hulle verwag. Uit met die handskoene en probeer hofsake vermy asb.

earthwormjim ·

Lekker vuurwapens wat die hoenders besit. Dit ontstel my net dat hulle behandeling ontvang deur belasting geld terwyl kinders en ou mense moet vir dae sit en geen behandeling ontvang in staats hospitale nie. ‘n Wyn prop druk lekker in so ‘n gat in, en stuur hom so tronk toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.