Soorte resepte:

Pleidooie vir restaurantbedryf stroom in

‘n Foto van ‘n bestuurder van die Fat Cactus-restaurant in Tuine, Kaapstad, het op sosiale media versprei. (Foto: Kaylee Bush/Facebook)

Die restaurantbedryf word weer ʼn harde knou toegedien met die aangepaste vlak-4 inperkingsmaatreëls wat sedert Maandag 28 Junie weer van krag in Suid-Afrika is.

Slegs wegneemetes mag te koop aangebied word tot Sondag 11 Julie, waarna dié maatreëls hersien sal word. Met die aandklokreël wat om 21:00 ingestel is, moet restaurante ook om 20:00 reeds hulle kombuise sluit sodat klante en personeel betyds tuis kan wees.

ʼn Foto van ʼn moedelose restaurantbestuurder, wat intussen as die bestuurder van die Fat Cactus-restaurant in Tuine, Kaapstad, geïdentifiseer is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Kaylee Bush, ʼn kelnerin by die restaurant, het die foto geneem.

In die foto staan die bestuurder met hangende skouers en ʼn gebuigde hoof terwyl die horlosie teen die muur agter die man aandui dit is 20:20, sowat 20 minute nadat pres. Cyril Ramaphosa sy aankondiging omstreeks 20:00 gemaak het.

Peach Piche, ʼn Facebook-gebruiker van Durban in KwaZulu-Natal, het dié foto gedeel en daarby by geskryf dat die foto haar hart breek. Dié inskrywing is reeds amper 11 000 keer gedeel.

“’n Kelnerin het dit geneem van haar baas nadat hy die nuus van die inperking gehoor het gisteraand. Restaurante het yskaste vol kos en geen waarskuwing van toemaak nie. Die hartseer om hul personeel te laat gaan met die wete dat hulle geen ondersteuning het nie en families het om te versorg, is verpletterend,” skryf Piche.

Sy het ʼn rits maniere neergepen hoe die publiek sukkelende restaurante kan help om dié tydperk te oorleef:

– Bestel wegneemetes van jou gunstelingrestaurant.

– Koop koopbewyse aan om later te gebruik of as verjaardaggeskenke te gee.

– Vra die eienaar vir die selfoonnommer van jou gunsteling-kelner en skenk vir hulle geld via “e-wallet”.

– Kyk aanlyn na musikante wat regstreeks optree en gee donasies as jy kan.

“Geld is skaars vir baie mense op die oomblik, maar elke bietjie help as jy in die posisie is om te help.”

Piche het ʼn gratis ondersteuningsbladsy, Takeaways OPEN, op Facebook geskep vir restaurante om hul spyskaarte te deel en vir die publiek om foto’s te deel van hulle ondersteuning van dié restaurante. Dié blad het reeds meer as 1 000 lede.

Piche se inskrywing het ʼn beweging van ondersteuning vir die bloeiende restaurantbedryf onder Facebook-gebruikers ontketen.

Op groepe soos Ek’s van die Ooste, Ek’s van Montana en omliggende dele en People who live in Centurion word restaurante ook aangemoedig om hul spyskaarte te deel en gebruikers om van dié wegneemetes te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis regtig hartseer en baie mense word geaffekteer en sit sonder werk. Die regering gee nie om nie hulle kry mos vet salarisse wat hulle nie verdien nie!

Jammer om te sê, maar ek hoop van harte hulle sien dat regering nie na enige iemand kyk nie en dat hulle dink voor hulle daai kruisie trek by ANC werklik!

Ovelia ·

Ag nee,, hoekom die mense wat kos gee blomme doen ens? Wat van di mense sonder maskers en wt rook? Hul mut masker afhaal om te rook in di pupliek. Nee regtig maak n ander plan

Johan ·

Gelukkig werk maskers ook nie…so dis nie regtig n probleem nie.

Persheks Adri ·

Skuus ek vra ek wil net jou kommentaar reg verstaan. Wat het rook met die restaurant bedryf uit te waai? Ek verstaan regtig nie jou kommentaar op hierdie berig nie

Johan ·

Wat help dit regtig om restaurante toe te maak? Dit gaan stop as almal die virus opgedoen het of ingeënt is en die tweede gaan maar bitter stadig. Om die virus te kry en maar die storm so gou moontlik uit te ry gaan minder skade aanrig.

Die Boerepompie ·

Dit is iets way ek nie kan vir staan nie hulle kan in strate dans op n tacsie ry maar jy kannie by n restoerand gaan eet nie dit is moes jou kese as jy wil n kaan vat

Marina ·

Dit is so hartseer maar die hartseerste van alles is om te weet dat die “fat cats” in die parlement nog elke maand hulle vet salaris kry, die minimum doen en dan nog elke dag ‘n bord kos kan eet, dak oor hul koppe het, warm klere en ‘n “fat” Merc in die motorhuis terwyl hulle nie ‘n “fat Feather” voel waarheen die land oppad is nie en ook nie ‘n “feather” voel vir enige iemand anders in die land nie. Hul houding is maar net een groot “fat eish”

Nico ·

Ek wonder net hoeveel geld gaan auntie kopdoek in haar sak steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.