Polisie fnuik smokkelpoging by grenspos

R2 miljoen se tekkies is by die Lebombo-grenspos op beslag gelê. (Foto: saps)

Lede van die Valke en die grenspolisie het Saterdag op ʼn buitelander toegeslaan wat glo besig was om miljoene rande se nagemaakte goedere oor die grens te smokkel.

“Die bestuurder van ʼn Volvo-vragmotor het Saterdag die Lebombo-grens van Mosambiek na Suid-Afrika oorgesteek. Lede van die Valke in Nelspruit, sowel as die Lebombo-grenspolisie, het die voertuig gestop en die vragmotor en sleepwa deursoek,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, Saterdag gesê.

Die polisie het toe op nagemaakte tekkies ter waarde van sowat R2 miljoen in die vragmotor se sleepwa afgekom. Die ware was in swart plastiek toegdraai.

“Die bestuurder van die trok, ʼn 40-jarige buitelandse burger, is in hegtenis geneem en word tans aangehou totdat hy Maandag in die hof sal verskyn,” sê Sekgotodi.

Daar is beslag gelê op die voertuig en goedere en dit is na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se doeanepakhuis in Komatipoort geneem vir bewaring.

Die verdagte sal in die Komatipoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aggie ·

Goeie werk! Nou moet die regte skurke aan die versending- en ontvangskant gejag word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.