Polisie fynkam Thabo Bester se skuilplek

Thabo Bester tydens sy verhoor meer as tien jaar gelede. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse polisie het Maandag op die herehuis in ’n luukse Johannesburgse woonbuurt toegeslaan waar die sogenaamde Facebook-verkragter en -moordenaar, Thabo Bester, vermoedelik weke gelede nog geskuil het.

Daar was egter geen teken van Bester met polisiebeamptes se aankoms by die huis in Hyde Park nie.

eNCA berig die huis ter waarde van sowat R12 miljoen is die laaste bekende plek waar Bester hom bevind het.

Bester het glo saam met sy vriendin, Nandipha Magudumana, ’n mediese dokter, by die vierslaapkamerhuis tuisgegaan voordat hulle weer op die vlug geslaan het.

Luidens die berig het die polisie op grond van nuwe inligting ’n lasbrief bekom om die huis te deursoek.

Talle polisiebeamptes het Maandagmiddag by die huis opgedaag waar van die paartjie se besittings glo nog gevind is.

EWN berig forensiese ondersoekers het Maandagmiddag plastieksakke, vermoedelik met bewysstukke, in staatsvoertuie gelaai.

Maroela Media het vroeër berig foto’s van ’n man wat baie soos Bester lyk, het onlangs opgeduik en die ondersoek na sy beweerde dood in ’n brand verlede jaar opnuut in die kollig geplaas.

Tien maande ná sy beweerde dood het dit aan die lig gekom dat Bester eintlik uit ’n maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein ontsnap het. Hy het dus nie doodgebrand soos die owerhede voorheen aangevoer het nie.

Maroela Media het Dinsdagoggend ’n navraag aan die polisie gerig rakende hul ondersoek en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hy is oral in die media en sal defnitief op die vlug slaan en sy dokter vriendin is saam met hom in hierdie gemors. Sy moet van die mediese rol geskrap word, want sy het vir 10 maande geweet waar hy is en niks daaraan gedoen nie.

Danie ·

Die polisie wil nou eers 100% bevestig of dit wel Bester was wat daar gewoon het voor hulle begin met ondersoek.Die forensies gaan nog 2 jaar vat voor moontlike bevestiging.So daar gaan niks gebeur hulle hoop die media kan hom opspoor.

Casper ·

Regtig SAPS sal julle teruggaan na ‘n plek toe waar jy weet die polisie jou sal kry.Ek wonder of die twee ooit nog in die land is,ek sou nie gewees het nie.Hierdie Bester is hoogs intillegent en moet nie gesoek word nie.Hy sal wel uit sy wegkruipplek kom en die publiek sal praat.

Pampoen ·

Dis mostert na die maal. Dis al lank bekend dat hy daar gebly het. Hoekom nou eers? Wie beskerm hom?

Perdeby ·

Ai tog, julle gaan nie ‘n voetspoor van hom iewers op daardie erf meer kry nie, hy en sy Dr is al 3 weke terug oor die grens, waar hulle laag lê. Hy het baaaaie mense wat hy betaal om hom te beskerm. So besig gaan hulle besig wees.

Elsie ·

En die eier op die gesigte raak net meer. Dit is al normaliteit dat hierdie dinge in SA gebeur. Geld praat

SjN ·

Hoekom so lank gewag voor optrede, hy het binnehulp oral in die tronk wat uitgekonrakteer was aan n private onderneming, swak.

Koos 100 ·

Huur huis, en hulle is agter met die huur. Hierdie ou het miljoene uit mense geswendel. Geld was nie ‘n probleem nie. Sy vrou is netso skelm.

Oe la la ·

Hy en sy meisie (n bekende dokter) het n konstruksie maatskapy begin waar hulle mense bedrieg het. Hulle het miljoene gemaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.