Polisie gryp bokse vol nagemaakte Lego

Die waarde van dié meer as 2 100 Lego-items is na raming sowat R850 000. (Foto: Valke)

Die Gautengse polisie het Donderdag tydens ʼn klopjag beslag gelê op bokse vol nagemaakte Lego-produkte by twee bekende winkelsentrums in Centurion en Pretoria.

Items waarop beslag gelê is, sluit in speelgoed, elektroniese toerusting, rekenaarspeletjies en ander toerusting – alles met die Lego-handelsmerk.

Die waarde van dié meer as 2 100 items is na raming sowat R850 000.

Die waarde van dié meer as 2 100 Lego-items is na raming sowat R850 000. (Foto: Valke)

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is die winkels in die Oriental City-winkelsentrum in Ou Johannesburgweg en die Queens Corner-winkelsentrum in Queenswood al geruime tyd op die polisie se radar.

Die klopjag is ingevolge die Wet op Nagemaakte Goedere uitgevoer nadat die polisie ʼn klagte ontvang het dat verskeie nagemaakte Lego-produkte by dié winkelsentrums verkoop word.

Die gesamentlike operasie is deur lede van die Valke en sy taktiese eenheid Toms, die Suid-Afrikaanse instituut van intellektuele eiendomsreg en Lego-verteenwoordigers uitgevoer.

“Strafregtelike en siviele regsaksie sal teen die betrokke sakeondernemings en hul onderskeie eienaars ingestel word,” het Mogale gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Iwan ·

Ek hoop hul skenk dit aan kinderhuis. Die regte lego is darm way te duur.

Waarnemer ·

Die valke kan maar elke chinamall in S A besoek en dieselfde nagemaakte speelgoed daar kry onder andere monopoly ook.Alles nade in china.

Waarnemer ·

Iwan nee hulle sal dit nie vir die kinderhuise skenk nie,dit gaan vir die arme polisie manne en – vroue se kinders en kleinkinders en dan ook nog hulle familie lede se kinders en kleinkinders.Waar dink jy gaan die arme manne en vroue in blou die geld kry vir die geskenkies aan hulle kinders en kleinkinders…..of dink jy regtig die goed gaan vernietig word?

Helene ·

Dis maklik om tussen fake Lego en regte Lego te onderskei — trap daarop met jou kaal voet. As jy skreeu ‘Eina!’ is dit die ware Jacob ????

Sandra ·

Ja nee, ek weet hulle sal dit seker nie doen nie, maar dit sal great wees as hulle die gekonfiskeerde speelgoed vir die armes skenk. Baie ouers wat nie kan beskostig om die ware Lego te koop nie. Dink net hoeveel kinders se harte sal verbly word deur die skenking.

hondbyt ·

Die nagemaakte goedere mark is ‘n groot probleem met vervalsde produkte wat deurdring tot selfs die groot aanlyn winkels.

Ek het onlangs met my hard verdiende oortyd geldjie vir my vrou ‘n baie duur botteltjie parfuum gekoop deur SA se grootste aanlyn winkel, toe ons dit ontvang was dit ‘n duidelike vervalsde produk, en nie eers ‘n goeie namaaksel nie (skewe plakkers waar die oorspronklike een se glas gegraveer is etc.).

Lang storie kort, hulle het my geld terug betaal en ek het deur ‘n ander betroubare winkel (die plek wat bekend is vir hulle duur kruideniersware) die ware Jacob parfuum gekoop teen dieselfde prys.

Ek het ‘n sterk vermoede baie mense sit met nagemaakte goedere by hulle huise sonder dat hulle dit eers weet…

Hendrik ·

Die items op die foto het nie die LEGO logo op nie. Dit het n ander naam. Dit kan net vervalste lego wees as dit lego se naam op het. Dit is speelgoed blokkies wat soos lego lyk. Daar is ander make wat ook so lyk en werk. Beslis nie selfde kwaliteit as lego nie, maar gee nie voor om lego te wees nie. Soos n ou IBM compatible rekenaar, hy werk soos IBM, maar word verkoop as n produk wat werk soos IBM.

Oom Charles ·

As die handelsmerk misbruik of patentreg geskend is, is die ware oortreders nie gestraf nie. Hulle sit in anderland en is lankal betaal vir die produk, wederregtelik of te not. Die ou wat die skade ly is die winkeleienaar, dikwels nie op hoogte met wat die wet sê in elke detail nie, en hy kry ‘n aansienlike finanslële bloedneus. Die helde is weereens die manne in blou wat ongelukkig nie raad het met huisbraak, motorkapings, ‘spiking van motorbande op nasionale paaie en hoofweë nie, en wie se minister sy maatjie met byna ‘n halfmiljoen van ons belastinggeld borg om in Frankryk te gaan kerjakker. So ‘n bietjie perspektief kom kort binne die SAPD met betrekking tot werklike noodsaaklike wetstoepassing en die groter prentjie.

Phillip ·

Ek stem.met die feit dat.polisie spandeer amper n miljoen ranf se manne.krag vir 850 000 se speelgoed..maar.kan nie N4 patroleer nie. Het nie genoeg voertuie.om ons te beskerm nie. Ons sit.hier.op Kameeldrif wes mey.plakketkampe waar kriminele gaan weg kruip wat plotte aanval weekliks gewapen en mense aanrand soms skiet. Een voetruig as ons lucky is. Waar 8s d8e valke om werklike ernstige misdaad te ondersoek en toe te slaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.