Polisie se Jhb-lugvleuel sit sonder helikopters

(Argieffoto)

Die polisie se lugvleuel in Johannesburg se enigste twee werkende helikopters staan al maande lank in onbruik.

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid het onlans ʼn oorsigbesoek aan die lugvleuel gebring. Kobus Hoffman, ʼn VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê die helikopters staan al onderskeidelik elf en drie maande lank by ʼn lugvaartmaatskappy in Midrand, waar dit vroeër gediens is.

Hoffman het gesê dit blyk dat die maatskappy nog nie vir die werk aan die helikopters betaal is nie.

“Polisiehelikopters [van die Johannesburgse lugvleuel] het van 1 April verlede jaar tot 31 Januarie vanjaar ʼn totaal van 236,4 vliegure bestee om misdaadtonele te besoek en ʼn verdere 9,9 uur aan misdaadvoorkomingsoptredes. In die proses is sowat R58 miljoen se gesteelde goedere teruggevind,” het Hoffman gesê.

Volgens hom sit die vlieëniers en bemanningslede by dié eenheid nou ledig omdat daar nie helikopters is om mee te vlieg nie.

“Die VF Plus is bekommerd oor die lugvleuel wat nie operasioneel is nie. Dié eenheid speel ʼn onmisbare rol in die bekamping van transito-rooftogte wat veral in Gauteng hoogty vier. Die wanbestuur van polisiehulpbronne en die ondermyning van die gemeenskap se reg op veiligheid kom neer op verraad,” het Hoffman gesê.

Hy het gesê die VF Plus is bekommerd dat die Gautengse polisie geld vermors en nie sy verantwoordelikheid nakom wat betref die onderhoud van sy helikopters nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

Die ANC se nuwe slagspreuk moet wees : “we don’t pay”

DT ·

Die SAPD kort dringende ingryping. Raak ontslae van sommige van te veel generaals.

JK ·

Dit is so jammer om als te sien agteruit en tot niet gaan wat voorheen wonderlik gewerk het

Scalla ·

Ongelukkig werk Fly now, pay later nie in die privaatsektor nie, wat n skande.

Nienie ·

Die goue draad/vloek is ONDERHOUD. Die ANC beskik nie oor hierdie vaardigheid nie. Dit loop soos n goue draad deur hulle hele bestaan en verhaal. Elke liewe vlak v bestuur kom onderhoud kort.

Outoppie ·

So laat hulle ons belastigbetalers in die steek. Waar gaan ons gelde heen

jennefer ·

Jy is reg Nienie, jy moet die buite werking SAP voertuie hier op my dorp sien!

Leon Pit ·

Ag dis maklik kry vir die ouens afstand beheerde vliegtuigies. Baie goedkoop meer geld vir spending vir die anc.

Alida ·

Dit is wonderlik dat die DA en VF die regering op hul tone hou. Dit gee mens bietjie moed.

m ·

Die ANC lyk vir my meer en meer na ‘n “fly by night” wat sy welkom oorspeel het!!

Michiel ·

Die VF+ is pitbulls, maar is geen langdurig, struktureel oplossing. Wat moet is territoriale selfbestuur binne ‘n ééntalig Nederlands-Afrikaanssprekend grondgbied waar ons ons eie belastinggeld versamel, en op onsself spandeer, eie politieke partye, met eie veiligheidsmagte wat gemagtigd, opgeleid is, en in staat om reg en geregtigheid te handhaaf. Dit is internasionaal ‘n erkend volkereg.

Gert van Wierdapark ·

Die Waaiers werk darem seker daar waar die vlieeniers ens moet sit om die tyd om te kry? Ten minste is daar dan darem ‘n “skroef” wat draai bo hul koppe!!! He-he-he!!

Oog vir n Oog ·

Dis nie die enigste lugvleuel wat met die dilemma sit nie. Gaan kyk in die Vrystaat, VFPlus??

LK ·

Alida, hoop jy het ook vir hulle gestem?? WET moet wees no work no pay. Finish en klaar!
Ag die belastingbetaler is mos daar hoe vergeet ek nou!

Karlahari ·

En as ek reg is is Bloemfontein se enigste SAP helikopter oor gestrand nadat dit deur geweer vuur getref is nadat hulle op n transito roof reageer het.
Die helikopter is beskadig en vlieënier moes n nood landing uitvoer.

KrokodilBotha ·

So kiepie die plaas hoender kry meer vlug tyd . Waars daai reenboog ?

wraggies ·

Seker deel van die polisie bestuur se nuustse “turn-around plan” om misdaad te bekamp.

Hanlie ·

En die einde van die maand soek hulle, hulle pond vleis. Ek wil ook so ‘n werk he. Ek is seker daarvan dat baie van hulle ook nie eers die moeite doen om werk toe te gaan nie. Hoekom moet ek taxi geld betaal as ek by die huis kan sit.

George in Bloem ·

Voortaan sal hulle dan nou net bekend staan as Jhb se vleuel. Wonderlike nuus vir die vlieeniers wat nou betaal sal word sonder om te werk. Lekker man lekker. Die soustrein loop so lekker. Wat ‘n sirkus.

Oog vir n Oog ·

Jy en Hanlie is duidelik nie jul ma’s se slimste kinders as julle die vlieëniers wil beskuldig van soustrein ry of dat dit hulle skuld is dat hul vaartuie nie diensbaar is nie?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.